Estelle gesels oor The Gauguin Connection

Waaroor gaan The Gauguin Connection?

Dit is ’n storie wat al my gunsteling onderwerpe in een boek saamsmelt. Kuns, sielkunde, misdaad, kunsvervalsing, sameswering en sexy boewe. Genevieve, die hoofkarakter, is autisties, maar hoogs funksioneel. Sy het verskeie doktorsgrade in sielkunde met haar spesialisasie in nie-verbale kommunikasie, oftewel, liggaamstaal. Sy werk vir ’n versekeringsmaatskappy en ondersoek verdagte eise. ’n Kunsstudent is vermoor en sy word gevra om te help met die ondersoek. Teen haar wil werk sy saam met ’n baie knorrige regsbeampte en twee boewe. Die konflik wat natuurlik daar ontstaan was baie pret om te skryf.

Waar/hoe het jy die storie gekry?

Eerlikwaar? Op my trapmeul. Ek het een oggend gedraf toe Genevieve en die hele idee om haar alternatiewe wêreld stuk vir stuk na my gekom het.

Sien jy jouself in Genevieve?

My beste vriendin sê daar is van my perfeksionisme in Genevieve. My mond het oopgehang van skok! Ek is nie ’n perfeksionis nie. Dinge moet net op ’n sekere manier gedoen word. Ernstig nou: Daar is ’n klein ietsie van my in elke karakter. Ek dink nie ’n skrywer kan daarvan wegkom nie. Maar Genevieve se ongemak met skares is beslis ek – ek het al vele wonderlike geleenthede laat wegglip net omdat daar te veel mense sou wees.

Hoe lank het dit jou geneem om die boek te skryf?

Die beplanning en navorsing het my ’n paar maande geneem. Die skryf self was vinnig, dit was seker so 3 maande. Maar dan kom die herskryf en die herskryf van die herskryf en die herskryf van … Altesaam het die boek my so 8 maande geneem.

Waar is dit beskikbaar?

Op die oomblik is my boek net op Amazon beskikbaar. As ’n eboek en tradisionele papierboek. Gelukkig is die aflewering van ’n eboek onmiddelik en die papierboeke is ook heel vinnig. Daar is ’n heerlike lang proestukkie beskikbaar op http://www.amazon.com/dp/B008X3NCRE – aan die regterkant van die bladsy is daar ’n blokkie met ‘Send Sample Now’ wat jou die eerste 3 hoofstukke sal stuur.

Waarmee is jy nou besig?

Met Genevieve se volgende avontuur. The Gauguin Connection is die eerste in ’n reeks boeke wat haar en die span op verskeie misdaad ondersoeke sal volg. Die tweede boek behoort vroeg volgende jaar uitgegee te word.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s