Marilé vertel vir ons meer oor Haar grootste geskenk

Haar grootste geskenk het uit die buurt ontstaan waar ek al meer as dertig jaar woon.

Bernice en haar beeldskone vriendin Klara woon in my verbeelding in my huis en skuins oorkant hulle woon Benna die basset. (Waar hy werklik gewoon en geblaf het tot hy onlangs tragies die lewe gelaat het.) Benna BLAF. Dag en nag. Terwyl Bernice probeer om haar boek klaar te maak. Benna se baas is ‘n geoloog (danksy ‘n gawe geoloog in my skoonfamilie) – maar nie heeltemal so oud en uitgedroog soos sy haar voorgestel het nie!

Die storie begin waar Bernice my geheime fantasie uitleef terwyl Benna se baas hom vir ‘n week of meer by die huis los en hy heeldag blaf en heelnag huil – sy gaan steel hom om maar liewer by haar te kom bly tot sy baas terug is. Maar ‘n basset is nogal swaar om oor die veiligheidsheining te lig …

Bernice se se Great Dane genaamd Arsenal woon ook werklik in my omgewing – en het al werklik op my skoot kom sit. Haar talent vir judo het sy gekry van ‘n jong buurvrou wat presies so ‘n buksie is wat groot manne hard laat val op die judo-mat. En haar tuinboubesigheid kom van die buurvrou skuins agter my.

Dit was groot pret om Bernie, Ben en Benna se storie te skryf. Ek hoop die lesers het ook pret met die lees daarvan!

3 thoughts on “Marilé vertel vir ons meer oor Haar grootste geskenk

  1. Bets Smith says:

    Ai, daar sneuwel my nuutste heldin se judo-vaardigheid, en dit was NOODSAAKLIK vir die storie. Nou sal ek eers jou boek moet lees om te kyk of my heldin ook gaan sneuwel of ‘n ander vaardigheid sal moet aankweek (soos pepper-spray gebruik?)

    • Alta Cloete says:

      Ekskuus, Bets!!🙂 Geen rede hoekom sy nie ook kan judo doen nie – jou aanslag gaan verskil van myne. Jou heldin gaan definitief snaakser val as myne!🙂

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s