Proestukkie: Hart oorboord

“Dan is dit die persoon met wie ek veronderstel
is om my kajuit te deel,” brom dieselfde stem wat
vroeër so luidkeels geprotesteer het.

Sarena sluk ’n droë sluk. Die man kyk haar aan
asof sy ’n bloublasie is wat in hom vasgeswem
het. Sy ontspan effens toe hy sy kwaai kyk na die
waardin draai.

“Hoe op aarde kon julle so ’n fout maak?” sit hy
sy vete met die boot se personeel voort.

Sarena neem haar kans waar om haar kwaai
kajuitmaat vinnig op te som. Sy sien geen teken
van die bles of boepmagie wat sy haar voorgestel
het nie. Inteendeel, ’n welige bos swart hare krul
effens oor sy voorkop en onder sy ore. Hy is lenig
gebou en die spiere bult in die voorarms wat hy
op die toonbank geplant het. Sy vel steek bruin
af teen sy wit gholfhemp en bermuda. Mensig,
klaagpot of te nie, maar al was Nicolas Cage geseënd
met Brad Pitt se oë, sou hierdie beeld van
’n man steeds al die rolle voor hom weggeraap
het. Ongelukkig is daar op die aantreklike gesig
geen teken van Robin Williams se humorsin nie.
Inteendeel, die man is nog lelik omgekrap.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s