Proestukkie: Want daar’s skoenlappers

Sy kyk rond. Die mense praat amper gedemp, besef sy. Almal drom saam voor een groot foto feitlik reg voor haar. Koppe draai na haar toe, mense beweeg eenkant toe en sy kyk op. Die foto is enorm. In swart en wit. Van haarself. In die hospitaal in Mogadisjoe. Sy onthou die dag so goed. Die ou babatjie was al feitlik aan die sterwe toe sy ma hom in haar arms gedruk het. Daar was niks wat sy kon doen nie, sy kon net hulpeloos toekyk hoe hy sy laaste asem uitblaas.

En Nick was daar, hy moes die foto geneem het, sy weet nie eens daarvan nie. Kyk haar gesig;  al die hartseer, wanhoop, frustrasie van daardie oomblik het die kamera vasgevang. Dis asof sy weer daar staan, weer die uitgeteerde kind vashou. Gemma word geleidelik weer bewus van die mense om haar.

“Dis hartverskeurend,” hoor sy iemand sê.

“Most powerful portrayal of the devastation of war,” sê ’n ander stem.

“As almal wat oorlog veroorsaak dit maar kon sien.”

En toe verstaan sy. Dis wat Nick regkry met sy foto’s. Dis wat hy mense wil laat sien. Dis wat Lana wou hê sy moet sien. Almal wat nie daar kan wees nie, wat nie weet wat mense aan mekaar kan doen nie, vir hulle wil hy laat sien, laat ervaar, laat beleef wat oorlog werklik veroorsaak. En hierdie foto lê die verskrikking en menslikheid bloot, wys jou die hoop en wanhoop in ’n oorlogsituasie, onderstreep die kwesbaarheid van ’n kind.

Daar is ’n plakker teen die onderkant van die doek. Verkoop.. Sy wonder vlietend wie dit sou koop, maar toe ontmoet haar oë Nick s’n deur die mense heen. Daar is ’n lig in syne wat sy nog nooit gesien het nie. En haar knieë word lam, haar mond droog.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s