Proestukkie: Susan Olivier: Onvergeetlik

Eben gluur ontevrede na haar. “Ek is nie ʼn gas wat jy hoef te beïndruk nie, Deirdre. Gee nou pad. Anders vergeet ek dalk …” Hy bly stil.

Deirdre staar afwagtend na hom. Wat wil hy nog sê? En hy is seker reg. Sy moet eerder padgee, maar haar dom lyf werk wil nie saam nie. Dis die skok wat haar verlam. Oor sy skielike verskyning. En oor die aaklige wond. Sy is nie hardvogtig nie. Die gedagte vat aan haar. Niks anders hou haar hier nie. Definitief nie ‘n behoefte om langer na sy sterk bolyf te kyk nie. As die wond geïgnoreer kan word. Die snymerk is nie lelik nie. Net ontstellend. En sy was in die kol, hy het gewig verloor.

“Wat vergeet?” vra sy, toe die stilte te lank rek.

Hy draai om. “Voor ek vergeet jy wil niks met my te doen hê nie, en my dringende behoefte bevredig om jou pragtige mond te soen totdat jy onthou hoe dit tussen ons was. Ek het nie een oomblik van ons saamwees vergeet nie, Deirdre.”

Deirdre verstyf. Die onderwerp is taboe. Hy mag dit daaroor praat nie. Hy het nie meer die reg om in sulke terme oor haar te dink nie. Sy laat wel vlietende herinneringe toe. Met tye. Maar dis haar goeie reg. En haar geheim. “Wel, ek het vergeet, en dis al wat tel.”

Eben kyk veelbetekenend na haar. “Jy bluf my nie, Deirdre. Jy het nie vergeet nie. Wat tussen ons gebeur het, was onvergeetlik en iewers sal ons moet tyd maak om daaroor te praat.” Hy tree onverwags nader en streel liggies oor haar wang.

Dit vat inspanning om te bly staan terwyl sy vingers oor haar vel skroei. Maar sy beweeg nie ʼn aks nie. Sy gaan  nie reageer soos hy seker hoop nie. Sy gaan nie weghardloop nie. Dit is ʼn toets vir haar wilskrag dié. Sy moet hom nou al kan weerstaan. Soos haar hart hom reeds weerstaan het. Dit kan gedoen word. Sy weet dit kan.

Eben glimlag tevrede. “En as jy ʼn sekonde langer staan, weet ek jy is nie so afsydig soos jy graag wil voorgee nie.”

Deirdre kyk hom middeldeur en storm verontwaardig uit.

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s