Proestukkie: Glansheld en die koerantprinses

Dawid van Wijk kyk ‘n oomblik peinsend na haar en teug aan sy koffie.

“Jy is baie mooi,Sonja,” sê hy toe hy eindelik praat en Sonja stik aan haar koffie.

“Dankie, maar wat het dit met die prys van eiers te doen?”

Die goue man langs haar glimlag en Sonja voel hoendervleis op haar voorarms uitslaan.

“Seker niks. Maar ek het so pas aan ‘n wilde plan gedink. Ons kan albei daarby baat.”

Sy skud haar kop. “Jy het my verloor. Ons het niks met mekaar te make nie. Ek is werkloos en jy… Jy is ‘n man van goud in die pekel. Hoe kan ons mekaar moontlik help?”

Hy kyk af na haar en maak sy mond oop om te praat, maar bedink hom klaarblyklik en neem ‘n slukkie koffie.

“Jy kan ‘n vryskut storie doen,” sê hy uiteindelik.

“Die hele gemors, maar uit my perspektief. Ek belowe jou iemand sal dit by jou koop. My enigste voorwaarde is dat ek dit proeflees en goedkeur. En dat jy my na die onthaal vergesel.”

Sonja kyk die man sprakeloos aan. “Ek?”

Hy lag, ‘n grinterige klank wat haar onverhoeds betrap. “Ja, jy, Sonja Tredoux. Maar luister eers voor jy instem.”

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s