Seisoen van genade – Waar het dit begin?

Die storie van Seisoen van genade het eintlik al begin toe Lana in Geur van genade die pad gevat het van haar onsimpatieke minnaar (Marius) af.

Terwyl ek aan die Geur-boeke gewerk het, het die jonger randkarakters gaandeweg begin aandring op hul eie stories. Seisoen van genade is my eerste poging om hulle verhale te vertel. Hopelik sal daar op die ou end vier Seisoen-boeke wees.

Lesers van die Geur-boeke sal hopelik vir Mariaan, Lana se beste vriendin, onthou. Seisoen van genade is die storie van Chris, Mariaan se broer, en Karla, ‘n vriendin van Marius se dogter, Emily. (Toemaar, al die name maak die skrywer ook soms deurmekaar …🙂 )

Chris is ‘n uiters aantreklike man, vol lewenslus, vol selfvertroue en met ‘n antwoord op alles en almal. Maar hy het ook ‘n swakplek. En ‘n stukkie pynlike verlede wat hy (tipies man🙂 ) probeer ignoreer en hoop dit sal weggaan.

Karla is bolangs koel en kalm en in beheer, maar binne-in is dit allesbehalwe die geval. Na ‘n traumatiese gebeurtenis kom al haar spoke na die oppervlak. En Chris het op elkeen ‘n antwoord – of sy dit nou wil hoor of nie.

Die grootste uitdaging aan hierdie verhaal was om Karla ‘n dinamiese karakter te maak met wie moderne vroue kan identifiseer, ten spyte van al haar komplekse en onderdrukte vrese. Om vir Chris te skryf was net een lang lekkerte.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s