‘n Koppie tee saam met Susan Olivier!

Waar is jy gebore? Waar bly jy nou?

Is in Boksburg gebore, maar bly altelekker in Pretoria sedert ek 22 jaar gelede getroud is. My ma en 2 broers en hul gesinne, bly nog in Boksburg.

Watter soort woordeskat het jy?

Ek is geneig om soos my tieners te praat, ’n mengsel van tale en slang. Hopelik noudat hulle uit die skool is, kan ek die slegte gewoonte afleer.

Lys drie eienaardighede wat jy het.

Ek begin nie ’n werksdag sonder om ’n cappuccino by die deli oorkant my werk te koop nie. Ek drink nie kitskoffie nie, en is baie kieskeurig oor waar ek koffie drink.

Waar en by wie het jy die meeste geleer?

Te veel mense om op te noem. Baie mens het invloed op my denkwyse en manier van doen, gehad en het steeds. Ongelukkig nie almal positief nie, maar dis deel van die lewe.

Wat beskou jy as jou grootste prestasie?

Om ’n gepubliseerde skrywer te wees. Dit was altyd ’n droom, een wat ek amper steeds nie glo waar geword het nie.

’n Goeie ma vir my kinders te wees. Ek het ‘n baie spesiale verhouding met my dogter en seun. Dis vir my ongelooflik kosbaar.

Waaroor is jy spyt?

Dat ek nooit ’n tuisbly-ma kon wees nie.  Ek sou so graag meer betrokke wou wees in die lewens van my twee kinders. Ek en my kinders het ’n wonderlike verhouding, maar dit bly seker ‘n smagting van die meeste ma’s.

Wat is jou basiese lewensingesteldheid?

Om die beste te maak van die omstandighede waarin ek geplaas is.
Is jy optimisties of pessimisties?

Ek neig na pessimisties: Die glas is half leeg. Daarom geniet ek om liefdesverhale te skryf en lees. Dit bied my ietsie anders as my normale ingesteldheid.

Wat maak jou kwaad? Hartseer? Gelukkig? Hoekom?

  • Eenvoudige goed maak my gelukkig.  ’n Lekker boek om te lees. Lekker koffie om te drink. Geselstyd met my kinders. ’n Middagslapie. Die manewales van my troetelkonyn. Om te skryf.
  • Onregverdigheid maak my kwaad. Maar dan weet ek ook; life is not fair.
  • Die fisiese en emosionele pyn van my kinders maak my hartseer.

Glo jy aan sielsmaats of ware liefde?

JA. Ek glo in die liefde. Punt.

Is jy ’n prater of ’n luisteraar?

’n Luisteraar. Meestal. Geniet ander se stories en ervarings en emosies. Help my ook om ’n beter skrywer te wees as ek groter insig in die psige van die mens kry.

Neem jy leiding in sosiale situasies?

Ek kan nogal ’n kekkelbek wees wat die gesprek aan die gang kan hou.

Hoe bring jy tipies ’n Saterdagaand deur?

Met ’n lekkerlees boek.

Het jy ’n troeteldier? Naam? Spesie? Voorkoms?

Wit konyn. Gismo. Met baie aandag het hy die persoonlikheid van ’n mens ontwikkel. As hy by die huis wil inkom, ruk hy aan die veiligheidsdeur met sy skouers. As hy gejaag wil  word, ruk hy sy ore om jou uit te daag. As hy jou wil wys wie is baas, lig hy sy been in die verbyhardloop en piepie jou nat. Wanneer ek voor die rekenaar sit, kom lê hy of agter my, of tussen my voete en slaap. As hy nie lus is vir sy konynkos nie, stamp hy die bakkie dat dit daar trek.

Waarvoor sou jy onthou wou word na jou dood?

’n Goeie ma wat altyd daar was vir haar kids.

2 thoughts on “‘n Koppie tee saam met Susan Olivier!

  1. Susan Olivier says:

    Dankie vir jou boodskap, Annamarie. Sien dit eers nou.
    My boektitels is:

    Bod op ‘n Biljoenêr
    Vir Altyd Joune
    Aptyt vir Liefde
    Liefdesles vir Lynelle
    Aanloklike proposisie
    Kylie se Keuse
    Verborge Obsessie

    Die meeste is nou net in e-formaat beskikbaar.
    En in Juliemaand is daar ‘n nuwe een by Lapa: Onvergeetlik.

    Dankie vir jou belangstelling en lekker lees.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s