Thea Holland vertel meer oor haar nuutste romanse

Wat het die storielyn in jou jongste boek, Doodgewone wonderwerk, geïnspireer?
Dis eintlik moeilik om te sê waar stories vandaan kom, of watter dinge alles by mekaar moet kom voordat dit ’n storie kan word. Hierdie een se begin lê in Agulhas opgesluit, ’n kusdorpie waar die wind en die weer genadeloos kan wees. Met hierdie wonderlike rotskus as agtergrond, vra die storie ’n hardebaardheld; die heldin wat hom kan tem, sal redelik baie moed moet hê. En hieruit het Elizabeth se karakter ontwikkel – ’n bedorwe brokkie, ’n helleveeg met ’n houding, hopeloos te jonk vir ’n sinikus soos Simon. Dit was pret om hulle stormagtige verhouding teen ’n ewe stormagtige kus te laat afspeel, en in die proses gebruik te maak van ’n stokou Landrover, ’n splinternuwe Porsche en, les bes, ’n sipres wat aan die verkeerde kant van ’n smal paadjie op die Franse platteland groei. Ek hoop die lesers geniet ook die randkarakters soos Simon se bemoeisieke suster en die beterweterige Allers van die kafee – ’n man wat natuurlik nie werklik op Agulhas woon nie en net in my verbeelding bestaan. Tog jammer.

5 thoughts on “Thea Holland vertel meer oor haar nuutste romanse

  1. theaholland says:

    Regtig, Marietjie? Agulhas is een van my heel, heel gunstelingplekke, al was ek bitterlik lanklaas daar. Ek het probeer om die mooi plekke en plekname (soos Pietie-se-huis, Soetwater, Rasperpunt en nog ’n hele klomp tussen Spookdraai en Die Lord-se-huis) in die storie in te bou, maar met net 44 000 woorde het hulle amper almal in die slag gebly. Ek het darem vir Pondjie Botter behou! Die mense by die vuurtoring was so vriendelik om vir my ‘n kaart te leen en hande vol brosjures, met die gevolg dat ek genoeg idees vir nog ‘n hele twee boeke bymekaar gemaak het. Maar nou ja. Dit sal eers moet wag.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s