Die nuwe vennoot: Dina Botha vertel meer

Milan Verster weet net hoe om in die sakewêreld te funksioneer. Van moederskap en verhoudings weet sy bittermin af. Dan bevind sy haar reg in die middel van alles wat met vrouwees gepaard gaan. Haar vriendin vra haar om na haar jong kinders, waarvan een ‘n baba is, om te sien. Sonder enige waarskuwing of voorbereiding word sy gekonfronteer met bababottels, spoegdoeke, kindersiektes en tandesny. Vanselfsprekend hou dit   rampspoedige gevolge vir haar goed geoliede en geroetineerde lewe in. En dan is die formidabele Evan de Vos ook nog in die prentjie. ‘n Uiters aantreklike en arrogante sakeman wat agter haar maatskappy aan is. Dié uitdaging kan sy nog hanteer, maar nie die vreemde gevoelens wat hy in haar wakker maak nie. Milan leer dat die begeerte om te versorg, te vertroetel en lief te kry net onder die oppervlakte van haar menswees skuil.  Sluimerend en gereed om te ontkiem en te groei. En watse heerlike vrugte kan die liefde nie dra nie – veral saam met haar nuwe vennoot.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s