Voltooide Sirkel – Madelie Human

 

Wanneer ek ‘n Romanza optel, weet ek die held en heldin gaan bymekaar uitkom en ek verwag daardie spanning tussen die twee. Asook die opwinding van op bladsy hoeveel hulle gaan soen. Maar in hierdie storie, het ek myself soms so verloor in die gebeure dat ek vrede gehad het of die 2 ooit na mekaar sal kyk, wat nog te sê soen. In die eerste deel van die storie, was ek min geinteresseerd in die verhouding tussen held en heldin. Ek wou weet wat Karlien se lot is. Hoe ernstig is Henning om sy dogter te leer ken en hoe ernstig is Riëtte om hom te keer. Riëtte se vyandigheid teenoor Henning is heeltemal gegrond en enige ma sou so agterdogtig gewees het teenoor ‘n pa wat skielik na 7 jaar sy kind wil leer ken. Die eerste 7 jaar van ‘n kind is die belangrikste en soms ook die moeilikste. Min enkellopende mense is bereid om iemand anders se kind groot te maak. Om dit te doen en dan in die situasie te wees waar iemand daardie kind wil wegvat, is vreesaanjaend. Gelukkig vir Henning, het Riëtte se familie so hard op haar gesteun, dat sy nie juis ‘n keuse gehad het om sy hulp te aanvaar toe haar ma heeltemal ineengestort het nie. En dis toe waar Madelie ‘n baie lekker liefdestoneel ingewerk het. En net daar raak ek meer geintereseerd in die twee se gevryery as oor Karlien en die ouma. Die liefdestoneel was so mooi en Henning het dit so netjies bederf, dat ek bly was Riëtte gooi hom kaalbas uit. Eintlik moes sy sommer sy jis ook nog geskop het.😀 En van daar af het ek gelees met die afwagting van wanneer hulle weer in mekaar se arms gaan beland. Ek het tot oorweeg om vir Karlien oor te nooi vir ‘n naweek sodat die 2 aan die kafoefel kan raak. Voltooide sirkel was regtig ‘n lekker Romanza. Dit het my nooit verveel nie, dit het my nuuskierigheid die hele tyd geprikkel en ek kan die boek definitief aanbeveel.

One thought on “Voltooide Sirkel – Madelie Human

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s