Waardeer ons lesers

Kom so pas van ‘n tee en koek saam met vier baie aangename vroue – almal lesers van ons. Dit is gereël deur ‘n ou vriendin van my in Thabazimbi omdat haar vriendin uit Pretoria kom kuier het en my wou ontmoet. Toe nooi hulle sommer nog twee van hulle kennisse saam wat ook boekwurms is. Hulle kon nie uitgepraat raak oor al die skrywers wie hulle nou al dmv die inteRnet ontmoet het nie. Jy kan sien hulle is mense wat “ lees om dit te geniet”, en nie nét geniet om te lees nie.
Hulle het uitverkorenes onders ons klomp, maar het gevra ek moet dit nie hier noem nie – ek respekteer dit. Ek sou vir julle ‘n foto hier opgesit het, maar toe is Murphy lustig en my battery gedaan.
‘n Verrassing was dat twee van hulle reeds Kindles het en ‘n derde een s’n is op pad. Die twee met die Kindles het reeds aldrie my e-boeke gekoop en gelees. Hulle het die Bibi-boeke die meeste geniet.
Teleurstelling oor sommige biblioteke se swak diens en boonop min nuwe boeke wat aangekoop word, spreek duidelik uit hulle geselsies. Dit is juis die rede vir die aankoop van hulle Kindles.
Hierdie paar ontspanne oomblikke saam met die vier vroue in die kombuis van ‘n enorme plaashuis met tarentale wat jy deur die venster op die gras sien loop en ‘n koedoe wat tussen die paar lemoenbome staan en rondloer was met een woord heerlik. As ek meer tyd gehad het, was ek nou nog daar, maar tuis het ander verpligtinge op my gewag.Ek wou egter gou hierdie hier opsit om vir ons lesers te wys ons waardeer sulke geselsies en ons waardeer ook hulle as ons lesers.

4 thoughts on “Waardeer ons lesers

  1. Rika Du Plessis says:

    Annetjie, die drie vroue het hulle Kindles nog nie lank nie, maar hul het gepraat van Kalahari.com waar hul wel Afrikaanse boeke op hul Kindles afgelaai het, maar bietjie gesukkel het. Hulle sê Amazon.com s’n laai makliker af. Die een het genoem van Elize Parker se Onthou jy my, wat sy by Amazon afgelaai het. Boekemakranka se e-boeke wat by Amazon verkoop is maar nog nuut – dit is daar waar hulle my een e-boek en twee Bibi e-boeke afgelaai het. Ons het nie gepraat oor “hoe” hulle dit aflaai nie, en ekself het nie een nie, so ek kan jou ook nie sê nie. Myne laai ek op my rekenaar af dmv Kindle for pc wat by Amazon af te laai is. (Dit het Madelie vir my gewys – jy sal dalk by haar meer oor die “hoe” kan uitvind, ek weet sy en Alta het elkeen ‘n Kindle.

  2. Annetjie van Tonder says:

    Rika, is dit dalk moontlik om by die lesers uit te vind waar koop hulle die Afrikaanse boeke vir hulle Kindles en hoe laai hulle dit af? Ek koop my kindleboeke by Amazon, maar dit is slegs Engelse boeke. Ek sal graag my Kindle meer wil benut vir plaaslike skrywers se boeke.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s