LAPA Leeskring Seminaar in die mooiste Kaap

Wat ‘n heerlike kuier was dit nie gister by Bloemendal nie! Lekker kos en geselskap, afgewissel met insiggewende besprekings … en les bes, Valiant Swart. Ek  hoop om in die volgende paar dae ‘n kort opsomming van die gesprekke (dié wat op die verhoog plaasgevind het – daar was oorgenoeg genoeglike gesprekke off stage!) hier te plaas.
Die bekende Daniël Hugo het eerstens gesels met die Vlaamse skrywer Pieter Aspe (Pierre Aspeslag) oor die eerste twee van sy Pieter van In-misdaadreeks (reeds 29 boeke), wat deur Daniël in Afrikaans vertaal is. Pieter is spesiaal deur LAPA Suid-Afrika toe gebring vir hierdie kuier. En wat inspirasie is die man nie. Plat op die aarde en meer as bereid om met homself te spot. Interessant was dat hy dit aanvanklik glad nie as ‘n reeks beplan het nie, dat hy glo daaraan om geen gruwelike detail of misdaad teen kinders of oormatige bloed in sy stories te sit nie en dat hy hierdie 29 boeke plus nog ‘n paar ander in iets soos 16 jaar geskryf het. Al die verhale speel in Brugge af, ‘n stad wat hy duidelik goed ken en baie liefhet. Die Midasmoorde en Vierkant van die wraak  is nou by LAPA beskikbaar.

One thought on “LAPA Leeskring Seminaar in die mooiste Kaap

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s