Die storie agter Skrikkelmaan

Bets Smith vertel meer oor Skrikkelmaan:

ONTSTAAN VAN DIE STORIE

Na ‘n heerlike vakansie by Port Alfred het die dorpie en omgewing my so aangespreek dat ek nie anders kon as om ‘n storie daar te laat afspeel nie. So is Heidebaai gebore. Die storm en die kragonderbreking het werklik gedurende daardie vakansie gebeur. Dit was die begin: die res het my verbeelding stuksgewys bygelas.

Die naam van die storie was eers Donkermaan, maar nadat die manuskrip vir publikasie aanvaar is, het ons besluit dit kan nie deurgaan nie met dié dat André Brink reeds die naam gebruik het. Skrikkelmaan  is toe uit nood gebore: ‘Eenmaal in ‘n Skrikkeljaar’ beteken immers baie selde, en dit gebeur net so selde dat daar in een maand 2x ‘n volmaan is: vandaar die naam Skrikkelmaan.

SINOPSIS VAN Skrikkelmaan

Beáte Sonnekus se wêreld spat uitmekaar na haar pa se dood. Sy erf wel die Sonsoeker-miljoene, maar dit vergoed nie vir die verlies nie. Sy sukkel om haar lewe terug op koers te kry, maar die skok van die gru-ongeluk veroorsaak uiteenlopende fisieke simptome wat almal met post traumatiese stres verband kan hou.

Toe sy agterkom dat sy terminaal siek is, aanvaar sy Gary Ainsly se huweliksaansoek uit desperaatheid en vrees vir wat voorlê. Want hy bied aan om haar te versorg wanneer sy swakker gaan word.

Maar sy begin twyfel of sy die regte ding gedoen het en toe sy boonop onverklaarbare dinge begin hoor en sien, vermoed sy die gewas op haar brein is besig om sinsbedrog te veroorsaak.

Sy vlug Heidebaai toe om antwoorde te gaan soek. Daar ontmoet sy Wian Nieuwoudt vir die derde keer, die dokter-ontwerper wat ’n rehabilitasiesentrum vir gestremde kinders bou. Sy ontdek dat emosies soos aangetrokkenheid en passie nie ophou bestaan as mens weet jy gaan binnekort sterf nie.
Hoe meer Beáte soek na antwoorde, hoe meer raaisels en onverklaarbare toevallighede kom sy teë. Was die herontmoeting met Wian werklik toevallig? Wie is haar man, Gary Ainsly, werklik? Wat was die ware rede vir sy huweliksaansoek?

Meer belangrik nog: wie hou haar dop?

Alles bou op tot sy nie meer seker is oor enigiets nie. Is sy ’n sagte teiken vir ’n bedrewe manipuleerder? Of is sy ’n baie siek vrou wat net drie maande oor het om te leef?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s