Romanzaskrywer presteer!

Die bekende Romanzaskrywer Annetjie van Tonder het onlangs die tweedeprys losgeslaan in ‘n kompetisie wat deur Malan Media aangebied is. Haar inskrywing, Sonligdroom het so sterk meegeding om die eerste plek dat die uitgewer besluit het om ook ‘n tweede plek toe te ken, wat nie aanvanklik die beplanning was nie. Gelukkig vir ons het Annetjie beloof om steeds voort te gaan om vir Romanza te skryf. Sy vertel self verder:
“Toe ek destyds gelees het van die liefdesverhaal kompetisie, het ek geskryf om die besonderhede te kry. Na vele wik en weeg het ek toe besluit om wel ‘n manuskrip in te stuur. Groot was my verrassing toe my selfoon op 16 Mei lui terwyl ek in Woolworths in Kaapstad was en Malan Media my inlig dat dit vir hulle so ‘n moeilike keuse was om tussen twee boeke ‘n wenner aan te wys dat hulle besluit het dat daar ook ‘n naaswenner moet wees. En raai, my hart het byna gaan staan toe ek hoor dit is my boek, Sonligdroom, wat die naaswenner is.
Sonligdroom
se heldin is ‘n dominee wat haar man in ‘n motorongeluk verloor het en toe as gevolg van die ongeluk ‘n miskraam gehad het. Sy moes intensiewe terapie ontvang en wyk toe later uit na ’n plattelandse gemeente toe. Die moeilike narkotiseur, by wie sy haar meenthuis huur, is ook die kerk se orrelis. Vanaf hul eerste ontmoeting spat die vonke tussen die twee. Maar hy laat haar ook haar hartseer vergeet.
Sonligdroom word ingesluit by die rooirose van Augustus, wat in Julie op die rakke kom.”

5 thoughts on “Romanzaskrywer presteer!

  1. Annetjie van Tonder says:

    Baie dankie, julle. Dankie ook dat Sonligdroom hier op die romanzalesersblog blootstelling kan kry. Ek wil net een regstelling maak: ek het die uitgewer verkeerd verstaan, die boek word slegs in Rooi Rose geadverteer onder liefdesverhale by die boekeafdeling, en nie fieies saam met Rooi Rose uitgegee nie. Dis reg, ek sal altyd deel van die Romanzaspan bly, het net bietjie vlerke gesprei, soos baie van die ander Romanzaskrywers wat vir ander uitgewers ook skryf.

  2. Marietjie Welgens says:

    Kan nie wag om dit te lees te kry nie. Ek hou ook baie van die donker, treffende omslag.

  3. Bets Smith says:

    Annatjie, dit klink regtig na ‘n heerlike storie. Nogmaals geluk en geniet die lekkerte daarvan om jou boek in druk te sien.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s