Linelle Venter gee al haar geheimpies weg!

1.      Lys drie eienaardighede wat jy het.
O gits. Ek dink daar is iewers ’n baie lang lys, maar ek sal hou by drie. My gunsteling trooskos is kersietamaties. Ek gee nooit ’n boek weg nie en dit is baie moeilik vir my om my boeke uit te leen. Ek skryf my boeke amper uitsluitlik in koffiewinkels (en natuurlik het ek my gunsteling plekke).

2.      Watter soort woordeskat het jy?
In Afrikaans sukkel ek soms aangesien dit nie my eerste taal is nie. Dan raak ek sommer kreatief! Maar in Engels sou ek beslis sê ek het ’n buitengewone groot woordeskat – ek moet gereeld ’n woord verduidelik.

3.      Wat is jou gesigsuitdrukking normaalweg?
’n Glimlag – ek het die plooie as bewyse!

4.      Gebruik jy lyftaal? Hoe?
Een van my kêrels het my jare gelede uitgedaag om op my hande te sit en dan met hom te praat. Dit was nie moontlik nie. My hande, my hele lyf praat wanneer ek praat. Dis nogal uitputtend!

5.      Het jy een of ander gesegde wat jy altyd herhaal?
Nee, ek wetie! (gesê met ’n Kaapse aksent). Dit het ek by my beste vriendin opgetel.

6.      Toe jy ’n kind was, wat wou jy gewees het as jy grootword?
’n Dokter, ’n reisiger, ’n skrywer, ’n sangeres, ’n wetenskaplike, ’n sielkundige, ’n boer (ja, regtig!).

7.      Wie was die eerste man/vrou wat jou gesoen het?
Basie van Niekerk. Ek was saam met my ouers op vakansie toe ek op hoërskool was. En hy was regtig tall, dark and handsome!

8.      Wat beskou jy as die insident wat tot dusver die grootste invloed op jou lewe gehad het?
My eerste keer in Europa. Ek was 16 toe ek met ’n streekskoor deur Europa getoer het. My kleine wêreldjie waarin ek groot geword het se grense het op ’n dramatiese wyse die lug in opgeskiet. Skielik was die wêreld soveel groter as ek, met soveel meer om te ontdek, te leer, te ervaar, in te glo en te ontwikkel.

9.      Waaroor is jy spyt?
Dat ek nie ’n metabolisme het wat toelaat dat ek kan eet soveel en wat ek wil nie!! Ernstig? Ek’s regtig oor niks spyt nie. Alles (die goed en sleg), al besluite (die slimmes en die dommes) en almal (die wonderlikes en die aakliges) het almal daarin deel dat ek is wie en waar ek is vandag. Daaroor kan ek eenvoudig nie spyt wees nie.

10.  Wat is jou gunsteling tydverdryf? Kleur? Kos? Besitting?
Ek doen ietsie van alles. Ek maak klere, bak en brou (partykeer meer brou), maak klere, maak juwele, brei, maak roomys (my nuutste inspirasie), verf, lees, lees, lees, maak musiek, besoek museums en gallerye, gaan na operas en konserte, kyk flieks,

Kleur: Groen.

Kos: Is wortelkoek kos?

Besitting: My babarekenaartjie. Sy naam is Japie en ek skryf al my boeke op hom. Hy’t sy slaapsakkie en pas lekker in my handsakke.

11.  Van watter soort kuns en vermaak hou jy?
Museums, kunsgallerye, opera, klassieke konserte, jazz, flieks (die kunstiges en die simpel Hollywood flieks!).

12.  Hoe bring jy tipies ’n Saterdagaand deur?
Op my bank met ’n boek!

13.  Lag jy baie?
Beslis! Ek het die lagplooie (dit is hoe ek verkies om na daardie verskynsels langs my oë te verwys) om te bewys ek lag gereeld.

14.  Het jy al ooit buite die land gereis en waarheen?
My eerste reis was toe ek 16 jaar oud was en die gogga het my goed gebyt. Op die oomblik bly ek in die buiteland en reis elke jaar na verskeie lande.

15.  Wat is jou beste karaktertrek? Swakste?
Beste? Dalk my realistiese optimisme. My swakste? My realistiese optimisme!

16.  Waar sien jy jouself oor vyf jaar? Tien jaar? Twintig jaar?
In ’n koffiewinkel, met Japie (of ’n nuwer weergawe van hom), ’n sterk beker koffie langs my en vinnige vingers besig om te skryf. Dit sal iewers in die wêreld wees – waar weet ek nie.

12 thoughts on “Linelle Venter gee al haar geheimpies weg!

  1. Rika Du Plessis says:

    Dit is hoe dit hoort, Linelle, want ek dink altyd as ons almal dieselfde dinge moes doen, of oor dinge dink, hoe boring dit sou wees. Ek kan dit waardeer dat iemand so geheg aan boeke kan raak soos jy al hanteer ek dit anders. Ek gee net nooit vir enigeen van my reeks boeke wat ek van myself hou om te lees nie. Sommige mense hanteer nie jou boeke soos net jyself dit doen nie.

  2. Rika Du Plessis says:

    Hou jy ook al jou eie ses eksemplare? Skuus vir die vra, maar dis vir my interessant omdat ek so graag vir mense boeke gee, nie net van myne nie, maar ook ander. Op die manier kry ek ook dikwels weer van hulle boeke wat ek nog nie gelees het nie. Veral van die ouer, hardebandsoorte wat vir my tog sulke mooi stories in het. 😛

    • Linelle Venter says:

      Die boeke wat ek self geskryf het, gee ek met graagte vir familie en vriende, en koop selfs ekstra om uit te deel. Ek gee ook baie gereeld boeke as geskenke, maar nooit uit my eie boekrak nie. As ‘n boek my diep geraak het, koop ek eerder vir familie en vriende hulle eie eksemplaar. Dis regtig interessant hoe ons almal verskil!!

    • Linelle Venter says:

      Rika, ek is ‘n baie kieskeurige leser. Dit beteken dat elke boek wat ek koop en lees, is vir my van waarde. Ek is nie ‘n vreeslik sentimentele persoon nie en gaar glad nie goed op nie (dis my pa en sus daardie!). MAAR … my boeke hou ek. Ek het ‘n heerlike groot ‘biblioteek’ wat orals die wereld saam met my trek. Ek lees ook gereeld boeke meer as een, twee, selfs drie keer, so ek wil hulle beslis hou.

  3. Linelle Venter says:

    Sjoe! Julle laat my baie spesiaal voel. Ek dink glad nie ek is so baie interessant nie. Dis net ’n vreeslike groot lus vir nuwe ervaringe en persoonlike groei wat my al die avonture laat aanpak. Madelie, ek sal jou met liefde saam met Japie orals wou neem!! Sal dit nie te heerlik wees nie.
    Die foto wat Marile hierbo geplaas het, is van my terrace. Ek bly op die oomblik in ’n loft apartment met die wonderlikste groot balkon. Wanneer ek nie in ’n koffiewinkel sit en skryf nie, werk my koffiemasjien oortyd en skryf ek op my balkon. Ek wens julle kon almal saam met my hier gekuier het!

Leave a reply to Linelle Venter Cancel reply