Meer oor Sy mooiste woorde

Toe verlede jaar se ekstra-lang wintervakansie met die gepaardgaande groot sokker aanbreek, was ek baie benoud dat ek nie in daardie tyd geskryf gaan kry nie. Groot was my verbasing toe dit die lekkerste en maklikste storie word wat ek nog geskryf het.
Ek dink die sleutel lê minstens gedeeltelik daarin dat ek gevoel het ek ken die held werklik goed en kan sonder veel (of enige!) moeite self op hom verlief raak. En ja, Bruce Springsteen was my inspirasie vir die mooie held – die aangrypende lirieke, die passie, die ontnugtering en die vernuwende terugkeer. My liefde vir Koos du Plessis se lirieke het die fokus van Niel van Heerden se terugkeer bepaal. Maar Niel is natuurlik ‘n goeie boereseun met goeie boere-ouers êrens in die Kalahari. Bruce se saksofoonspeler Clarence Clemons (wat onlangs oorlede is) het Sonny Boy Pieterse van die Kaapse Vlakte geword en die E Street Band het na  Sons of the Rainbow verander. Die paar ingeslote lirieke is goedgunstiglik deur my oudste aan sy ma geleen. En die bekoorlike huisie staan wel verdwerg deur moderne woonstelblokke êrens in Bloubergstrand.
Maar nee, daar is geen spoor van myself in die heldin nie. Altans nie sover ek weet nie …Die idee om haar in haar uitgewer se Kaapse kantoor by die Tyger Waterfront te plaas, het wel gekom toe ek by Lapa se Kaapse kantoor aan ‘n kursus deelgeneem het. Die feit dat sy spesifiek liefdesverhale keur, is eintlik vanselfsprekend. En as ‘n man mooi lirieke kan skryf, kan hy seker prosa ook skryf …
Of sy storie op die ou end goedgekeur is? Nee, ek gaan nie sê nie!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s