Die Davel-vroue kom weer!

Aanhangers van Chanette Paul se formidabele Davelvroue kan uitsien na pragtige heruitgawes van al die boeke in die reeks.
Chanette nooi jou uit om die wel en wee van die sewe mooi, maar wederstrewige Davelvroue saam met haar te volg en te geniet. Elkeen voer haar eie stryd, beleef op haar eie unieke manier die tydperk waarin sy leef en beland in een of ander konfliksituasie met die man wat sy liefkry. Tamara kom eerste aan die beurt.

Hul liefde vir mekaar skrei teen God en mens.
Joshua Davel is Tamara se halfbroer, Groot Dawid se oudste. Maar Tamara wéét – hulle hoort saam, so was dit van die skepping af bedoel. Al stry Joshua ook hóé daarteen. Al soek hulle vir haar man. Tweede beste sal nooit goed genoeg wees nie.
Toe die Anglo-Boereoorlog uitbreek, bly Tamara alleen op die plaas agter. Maar die vraag bly spook: Is Joshua Groot Dawid se bloedseun? Ma Saar weet van sy geboorte, maar sy mag nie praat nie …
Wat word van haar liefde as die oorlog die antwoord insluk? As Groot Dawid dit nie oorleef nie? En waar is ma Saar?

2 thoughts on “Die Davel-vroue kom weer!

  1. Annetjie van Tonder says:

    Ek lees graag boeke wat teen ‘n historiese agtergrond afspeel. Net soos Madelie hoop ek die herdrukke vlieg gou van die rakke.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s