Nuut van Madelie Human!

Alle Madelie Human fans kan in Junie Halsoorkop by hulle versameling voeg!

Beth Gericke is ’n syferkop, ’n mens vir geordende feite en is boonop uiters professioneel, eintlik ’n alleenmens. Maar wat haar kollegas nie weet nie, is dat sy ’n geheime swakheid het. Nee, eintlik  twee swaktes: sy is gek na mooi, fyn onderklere en boonop is daar ’n lang, donker man wat haar snags in haar drome ontmoet.

Toe sy eendag daardie einste droomman in lewende lywe raakloop en boonop saam met hom in ‘n hysbak vasgekeer is, skrik sy letterlik haar asem weg. Dis toe dat dinge in Beth se lewe omgekeer raak. Haar geordende bestaan verander skielik in ‘n halsoorkop warboel wat haar saam met die man van haar drome in ‘n totaal nuwe wentelbaan plaas. Maar net toe sy begin dink sy het geluk gevind, bars ‘n bom en is als weer onderstebo.

4 thoughts on “Nuut van Madelie Human!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s