Chanette gesels oor die KKNK

Chanette Paul gesels oor haar optrede by die KKNK:

Samantha Buitendach het onder andere vir haar gevra hoe die vrouekarakters in haar boeke van mekaar verskil:

Die hoofkarakters in my historiese Davel-reeks en my spanningsromansdie Gys Niemand-reeks verskil aansienlik.
Die Davel-reeks neig meer na die romanse alhoewel dit meer verwikkeld is as wat tipies is aan die genre. Ander verhoudings, spesifiek binne die Davel-familie speel ‘n sterk rol en dan ook die verskillende historiese agtergronde. Oorlog is byvoorbeeld nie ‘n tipiese agtergrond vir ‘n romanse nie omdat dit met soveel wreedhede gepaard gaan, maar die wreedhede word darem nie grusaam uitgebeeld nie.
Die Gys Niemand-reeks se hoofkarakters daarenteen, is kontemporêre vroue en alhoewel daar heelwat romantiese elemente is, skram die romans nie van die werklikheid weg nie. Mens kan nie iets veel werkliker en naarder as moord kry nie.
Die hoofkarakters in my spanningsromans is telkens vroue wat by ‘n kruispad in hulle lewens staan en dan boonop blootgestel word aan die effek wat ‘n moord of moorde op hulle het, asook die gevaar waarin hulle verkeer.
Hulle is vroue wat in essensie op soek is na wie en wat hulle eintlik is en hierdie soeke word in die wiele gery deur misdaadgeweld en natuurlik die feit dat hulle die regte man onder die verkeerdste omstandighede ontmoet. Namate hulle deur hierdie fase in hulle lewe worstel, groei hulle tot selfkennis.

Dit was ‘n groot voorreg om by Arbeidsgenot die verhoog met Kristel en Alta te deel, veral omdat ons in dieselfde genre skryf, maar dit uit heeltemal verskillende hoeke benader. Dis heerlik om na soveel skryf- en storiewyshede te luister en te kon saampraat oor dit wat ons die naaste aan die hart lê. Ek wonder net wat Langenhoven daar in sy graf gelê en dink het. Ek hoop hy was trots op dié drie wyse vroue wat net so dol is op stories, skryf en Afrikaans as wat hy was.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s