Kristel Loots gesels oor haar optrede by die KKNK

Om te skryf, kan soms `n eensame lewe wees. Niemand anders verstaan waarom jou kop gewoonlik nie by jou lyf is nie, maar aan die dwaal tussen die karakters wat jy geskep het, wat vir jou lewend raak en met stemme in jou kop met jou praat. ‘Gewone’ mense kyk jou effens vreemd aan so asof daar fout is met jou. Daarom is dit so wonderlik om saam met mede-skrywers te kuier wat net so ‘koekoe’ soos jy is en wat jou passie vir die muse verstaan. Voeg daarby twee geesdriftige Lapa-bemarker-mense en jy kan amper nie wag om weer agter jou rekenaar in te skuif om meer en meer boeke te ‘baar’ nie.
Kristel is veral bekend vir die heerlike humor in haar liefdesromans Aspoesterskoene en Sjokoladesoene. Sy som haar siening as volg op: Humor in verhale moet nie noodwendig ligtelik opgeneem word nie. Daar skuil dikwels heelwat meer daaragter en dit moet ook so gelees word. Middeljarige vroue, soos dié oor wie ek in my boeke skryf, het dikwels meer om oor te huil as om oor te lag. Wat juis verklaar waarom humor hulle help om te oorleef in `n gebroke wêreld.

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s