‘n Vinnige onderhoud met Rika

Rika was so gaaf om ‘n paar van haar geheime met ons te deel.

Wat beskou jy as die insident wat tot dusver die grootste invloed op jou lewe gehad het?
Die geboorte van my eerste kind.

Wat beskou jy as jou grootste prestasie?
Dat dit my gegun was om binnekort 62 boeke agter my naam te kan hê.

Waaroor is jy spyt?
Dat ek op so ‘n laat ouderdom begin skryf het.

Wat is die grootste verleentheid wat jou ooit oorgekom het?
Toe ek in my tweede jaar op skool in ‘n plaasskool se buite-toilet sonder my broekie daar uitgestorm het toe ‘n bobbejaanspinnekop vanuit die dak op my geval het!

Het jy enige geheime?
Natuurlik.

Wat is die gemeenste ding wat jy al ooit gedoen het?
Kan regtig nie onthou nie – ek is maar ‘n ou softie.

Wanneer was jy die heel bangste in jou hele lewe?
Toe ek Tulbagh se aarbewing beleef het en gedink het dit is die einde van die wêreld.

Het jy al ooit buite die land gereis en waarheen?
Ja, toe ek na die ou Rhodesië – nou Zimbabwe toe gegaan het.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s