Goeie nuus vir romanselesers!

Die organiseerders van die KKNK was so oorweldig deur die massiewe belangstelling in die damesoggend met skrywers Chanette Paul, Kristel Loots en Alta Cloete dat hulle besluit het om dit te verander in ‘n volwaardige Boek en Koek-oggend in die Burgersentrum, met sitplek vir omtrent 500 gelukkige lesers. Al die huidige Romanza-skrywers sal op die verhoog wees om lesers meer te vertel van hul geliefkoosde karakters, al hul skryfgeheimpies uit te lap en daarna saam te smul aan verversings.

Die beste nuus is dat besluit is toegang sal gratis wees, om te vergoed vir die ongerief van die kort kennisgewing. Al wat lesers moet doen, is om vooraf ten minste een Romanza te koop by die stalletjies wat vir die oggend op die plein voor die Sentrum ingerig sal wees.

Die uitgewers is oortuig dat dit ‘n jaarlikse instelling sal word. Dit sal egter elke jaar op 1 April gehou word, nevvermaaind wanneer die KKNK plaasvind …

6 thoughts on “Goeie nuus vir romanselesers!

  1. Bets Smith says:

    eks bietjie backwards in coming forward. Moes eers tot die einde van die stukkie lees voor ek besef het watse GOEIE nuus dit eintlik is! Dêng!

  2. Alma Carstens says:

    Sjoe, ek sal dadelik ‘n vliegtuigkaartjie moet boek… ‘n geskikte “outfit” hier in ons ou dorpie moet gaan soek… dalk moet ek sommer my eksamen kanselleer net ingeval die kuier so lekker is dat ek nie betyds terug is nie…

  3. Madelie Human says:

    Hieee! Gaan die straler my hier in die Bos kom haal ook? Ek pak solank my tas … H’m … watter uitvat sal ek aantrek? Hoop hulle het lekker koeksisters daar in die Klein Karoo.

  4. kristelloots says:

    Het hulle nie dalk sommer ALLE ander vertonings vir die dag gekanselleer nie? En ‘n straler gehuur om die hele boksemdais te vervoer nie? Wat van ‘n spesiale pawiljoen in die styl van die een wat U2 gebruik het? Gaan GROOT, KKNK! Dis LAPA wat hier praat.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s