Proestukkie: Lief vir jou, Bernette Bergenthuin

Ons het ‘n splinternuwe, jong skrywer. Kyk net ‘n bietjie hier:

Die nou amper-bekende spanning wat in die restaurant sy opwagting gemaak het, kry ‘n nuwe gedaante toe Meyer haar aan haar elmboog by die restaurant uit lei. Die atmosfeer in die straatjies van die kunstige Montmartre is tasbaar. Straatmusikante gee ‘n ritme aan waarop vele paartjies passievol dans. Beelskone Franse vroue in eenvoudige swart rokke wieg hul rietskraal lywe op die maat van die aand. Paartjies soen mekaar met oorgawe en sonder inhibisies, asof die aarde enige oomblik kan ophou draai.

Willemien voel hoe die roekeloosheid haar lyf binnevloei en sy stap nader aan Meyer. Hy slaan sy arm om haar skouers en sy wonder of Parys haar tart.

‘n Ouerige man met ‘n konsertina loop al agter hulle aan en glimlag tandloos toe Willemien agtertoe kyk. “Récemment marier?”

Willemien reageer instinktief op die Frans en knik, maar is amper dadelik spyt dat sy hul pasgetroude status verraai het. Die man blaas soene met sy een hand terwyl hy hulle die beste toewens in Frans en dan begin hy ‘n sensuele wysie uit sy konsertina toor terwyl hy entosiasties beduie dat hulle moet dans.

Tot haar verbasing lag Meyer en draai haar in die rondte. Sy land teen sy bors en hy vou sy een arm besitlik om haar lyf en neem haar hand in die ander.

“Jy kan seker tango, Willemien?”

Die asem wat oor haar oor streel en sy sterk liggaam teen hare, laat haar stom en sy kan net knik terwyl hy haar agteruit stoot met sy bobeen.

Meyer goël met haar lyf, voel dit vir Willemien terwyl die straatmusikant die note dramaties rek. Hy tol haar genadeloos weg van hom net om haar weer ru tot teen sy lyf te trek. Hy tel haar op en swaai haar, dwing haar amper tot op die grond voordat hy haar teen hom optrek en Willemien is vasgevang in die ritme van sy lyf. Sy is nie eers meer seker of die konsertina-speler nog teenwoordig is nie. Al waarvan sy bewus is is Meyer se been teen haar been, sy oë in haar oë en sy mond wat nou en dan op haar hals tot rus kom.

Die musiek moes opgehou het want hulle kom met ‘n siddering tot stilstand en Willemien wonder of dit werklik sy is wat so na asem hyg.

‘n Paar omstanders klap hande en gee wolwefluite wat haar laat bloos. Meyer lag hees en laag en druk haar gloeiende liggaam teen hom vas, asof hy haar wil beskerm van die gevare buite sy lyf.

Willemien is lam. Sy weet dat sy moet weg staan. Haar arms om sy nek losmaak en so vinnig as moontlik haar ewewig herwin, maar sy kan nie. Sy wil nie. Eers toe die musikant hulle op die skouers tik en weereens geluk wens met die huwelik, registreer die hier en nou by haar. Sou Meyer ook bedwelm wees deur haar lyf? Deur hoe sy ruik? Deur hoe sy teen hom, sáám met hom beweeg het?

9 thoughts on “Proestukkie: Lief vir jou, Bernette Bergenthuin

  1. bernettebergenthuin says:

    Ek gaan die uitsondering wees, Bets! Hy gaan tall, dark and handsome wees, nét soos in die boeke… Maar ek hoor wat jy sê, mans verstaan soms nie die nuanses wat ons vroue aan verhoudings wil gee nie, né. Hmm… Dalk moet ons as Romanza skrywers ‘n opleidingsessie vir mans hou? “Romanza 101”. Dink net hoe gaan ons lesers dan glimlag!

    • Bets Smith says:

      Heng vrou, moenie daai een van die gerieflikheidshuwelik probeer nie! Dit werk net in boeke en in flieks en dan ook gewoonlik net na ‘n helske klomp pyn-en-lyding.

  2. Bets Smith says:

    Man, as jy so skryf lê daar nog ‘n lang en vrugbare skryfloopbaan vir jou voor. Ek kan sommer raai die twee is regtig getroud, maar nie om die gewone redes nie. Of raai ek verkeerd? Sal ook maar moet lees, want wat die antwoord ookal is, gaan dit my nog nie die storie vertel nie!

  3. Annetjie van Tonder says:

    Stil susters, hier kom ‘n ‘vrou’ verby.
    Bernette, jy skryf so beskrywend dat ek die toneel driedimensioneel beleef, asof ek self ook daar is. Die sintuiglike word lekker sterk gebruik, saam met ‘n woord- en sinsritme wat by die tango pas. Ek is nou net nuuskierig. Is hulle regtig getroud? Gaan daar struwelinge kom? Sal die boek moet lees. Jy is ‘n vars briesie in die Romanzagenre, hoor.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s