Alma Carstens uit Malawi oor haar nuwe boek, Die aanbod.

Ek is ‘n introvert, ietwat skaam (al klets ek so baie op ons blogs) en ‘n huishen. Nou is ek voltyds mamma, student en skrywer en tussendeur maak ek tyd vir vriende, fliek (op TV, ons bly mos in Malawi en bioskope is hier skaarser as hoendertande), lees en sudoku’s. Malawi is ‘n baie veilige, pragtige landjie en my gunsteling plekke is Cape Maclear in die suide en Chintheche in die noorde. Die beste besluit wat ek ooit in my lewe geneem het, was om met my man te trou, want na meer as 20 jaar is hy steeds my droomman. Buiten my man en ons kinders, is familie en vriende vir my kosbaarder as enige aardse skatte en ek is steeds goeie vriende met mense wat ek ken sedert my kleuterdae.

Die idee vir die boek het ontstaan uit ‘n kortverhaal wat ek jare gelede geskryf het. Ek het die kortverhaal nooit ingestuur vir publikasie nie het net eendag besluit om dit in ‘n boek te verwerk. Ek het self op ‘n skaapplaas grootgeword en het wonderlike herinneringe aan die oop vlaktes en plattelandse gemeenskap. Dit was maar altyd ‘n tema wat ek eendag in ‘n boek wou gebruik, die kortverhaal het maar net daardie vonk aangesteek.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s