‘n Unieke onderhoud!

Marile Cronjé is die vroulike hoofkarakter in Onwelkome geskenk. Sy gesels hier met Madelie Human:

Madelie: Is jy geaffronteerd om byna dieselfde naam as ‘n Romanzaskrywer te hê?

Marile:  So ‘n bietjie, maar gelukkig is sy  een van my gunstelingskrywers.

Madelie: Dink jy jou oupa is van lotjie getik om vir jou ‘n man vir jou verjaardag te stuur?

Marile: Ja, hy is maar so ‘n platjie. Maar ek vertrou nie hierdie Werner-vent nie. Hy en Oupa het sweerlik saam gekonkel. Wat het jou besiel om my in hierdie penarie te laat beland? Nou het die man sy intrek hier by my kom staan en neem en …

Madelie: Rustig nou, Marile. Ek moes ‘n plan maak om julle tweetjies saam in een huis te kry sodat julle in mekaar se hare kan wees en die vere lekker kan waai. Die lesers hou daarvan.

Marile:  En hoe! Die vent neem oor! Dis tipies my oupa om nou te kom met hierdie storie dat ek kwansuis met die die donker kant van die lewe kennis moet maak sodat ek sy skoene sal kan volstaan wanneer hy doodgaan. Dat Werner Buys nou juis die een moet wees om my ‘in te lyf’ daarin vat eenvoudig die koek. Ek sê jou as hy naby my lyf kom, is daar pêrre.

Madelie: H’mm …  Sal jy dan nie daarvan hou as daardie hunk naby jou lyf kom nie? Ek het dan spesiaal vir jou so ‘n mooi blonde adonis uitgedink.

Marile:  Moenie vir hom sê nie, maar geen man het my nog ooit so … so omgeëllie nie.

Madelie:  Nou vir wat kla jy so? Ek skryf vir jou die man van jou drome en …

Marile:  Drome? Nagmerries is nader aan die waarheid. Hy is alwetend, vol jakkalsstreke en boonop ‘n opperste boelie!

Madelie: Gepraat van boelie. Hoe op aarde kan jy toelaat dat die man jou so in die een na die ander situasie inboelie? Jy weet mos die heldinne van romanses is veronderstel om sterk vroue te wees wat hulle nie laat rondfoeter deur oorheersende mans nie.

Marile:  H’m. Wel. Moet ek antwoord?

Madelie:  Ek het ‘n reg om te weet. Weet jy hoe ek moes mooipraat en verduidelik toe die uitgewer jou storie uitmekaar wou trek en dit net oor jou swakheid?

Marile:  Die man het eenvoudig iets aan hom wat my knieë lam maak en ek kan dit nie help as hy met daai mooi oë op so ‘n spesiale manier na my kyk nie en sy lyf … *sug*

Madelie:  Oukei, oukei, genoeg informasie. Ek dink nie die lesers wil al die besonderhede van jou een groot swakheid weet nie. Spaar hulle seblief ‘n bietjie van die illusie dat jy ‘n gesofistikeerde vrou is wat weet wat sy wil hê.

Marile: Kan ek net vertel van sy soene?

Madelie:  *sug* As jy dan moet.

Marile: Nee, toemaar wat. Ek dink die lesers sal dit in elk geval uitvind wanneer hulle hul boekpakkies in Maart kry. Kan ek net gou iets anders vir hulle sê?

Madelie: Oukei.

Marile:  Vra iemand anders om te kook wanneer jy my storie lees, want as jou tone eers begin krul oor my Werner, gaan jou kos brand, dis vir seker.

6 thoughts on “‘n Unieke onderhoud!

  1. Gert says:

    Dit was ‘n baie lekker boek om te lees. Nie te veel gewonder nie, baie konfrontasie en meer intiem. Ek love die boek, dit is hoe ek van my romanza’s hou. Baie dankie, wag in spanning vir die volgende een.

  2. Mariëtte says:

    Ek weet, dit gaan nogal baie besig aan hierdie kant … maar ek kry darem kans om hier in te loer van tyd tot tyd.

    Het vanoggend Onwelkome geskenk gekoop! Gaan dit binnekort lees …

    Mooi dag vir jou Madelie : )

  3. Mariëtte says:

    hehe! Dit was nou pret!
    Ek wil hierdie een ook lees, ek het “Genoeg is genoeg” vreeslik geniet!

    Dalk kan ek aan nog ‘n paar vrae dink om Marile te vra wanneer ek klaar gelees het😉
    heehee!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s