Splinternuut: Geur van vergifnis: Alta Cloete

Alta is baie geheimsinnig oor haar nuutste liefdesroman wat in April die lig sien, maar ons weet sommer dat dit weereens ‘n wenner gaan wees! Hierdie is al wat sy bereid is om daaroor te sê:

“Geur van vergifnis is ‘n opvolg van Geur van genade en vertel die onwaarskynlike liefdesverhaal van twee van die newekarakters daaruit. Die boek verskyn as alles goed verloop, in April 2011.
En nee, ek gaan nie sê watter twee karakters se storie dit is nie! Ek kan wel sê dat hul eg-menslik is met volop foute en flaters – en dat hul leer om hulself en mekaar daardie foute en flaters te vergeef.”

Alta, ons sien uit daarna!

3 thoughts on “Splinternuut: Geur van vergifnis: Alta Cloete

  1. Annetjie van Tonder says:

    Marile, hierdie karakters moet sekerlik ’n groot uitdaging en toets vir jou as skrywer gewees het. Ek glo jy het hulle baie geslaagd uitgebeeld en sien uit daarna om die boek te lees. Die titel, wat vergifnis insluit, lei al klaar die leser om te weet dis mense wat fouteer het en dat daar uiteindelik vergifnis gaan wees wat van hulle dan beter mense gaan maak.
    Jy wikkel omtrent met die skryfkuns.

  2. Marile Cloete says:

    Nee, dis darem nie van vermakerigheid dat ek nie te veel vooraf wil sê nie! Dis eerder omdat ek nogal gewaag het met die twee persone wat ek as hoofkarakters gekies het – dit kan dalk nie ‘n gewilde keuse wees nie. Hulle is alles behalwe held- of heldinmateriaal. Hulle is doodgewone mense met ‘n hele string foute. Die toets vir die storie sal wees of die lesers vir hierdie karakters kan lief word, met hulle kan identifiseer.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s