Lesersblog is jarig!

So ongemerk het ons lesersblog se eerste verjaardag verbygesluip en ons het dit nie eens agtergekom nie.

Sy het verlede jaar op 7 Januarie haar debuut gemaak en sedertdien van krag tot krag gegroei.

Baie dankie aan Alta Cloete wat aan die roer daarvan staan en Linelle Venter wat deesdae fluks help. Dankie vir die manier waarop julle ons boeke bekendstel en sodoende ons lesers die geleentheid gee om hul sê te sê. Dankie vir die tyd wat julle uit jul kosbare skryftyd afstaan om dinge hier altyd vars en nuut te hou vir ons lesers.  Knap gedaan!

‘n Yslike dankie ook aan ons lesers wat die tyd neem om hier in te loer en ons te vertel wat julle van ons skryfsels dink. Sonder julle sou ons werk van geen waarde wees nie. Dankie aan ons aanhangers wat ons so aanmoedig en sommer weer lus maak om agter die rekenaar in te skuif.

Saam maak ons seker daar is altyd romanse in die lug!!

2 thoughts on “Lesersblog is jarig!

  1. Marile Cloete says:

    Liewe land, ek het glad nie besef ons het al verjaar nie! Kan net sê die blogs het vir my ‘n leefwyse geword – kry skoon ontrekkingsimptome as ek afgesny raak. Ek dink die LB speel ook ‘n groot rol om ons klompie op hoogte van mekaar se werk te hou. Dankie vir almal wat so flink reageer as ons iets van julle vra. En groot dankie aan Linelle daar bo in die koue – ons hou die lyne tussen die kontinente warm!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s