Proestukkie: Susan Olivier: Bod op ’n biljoenêr

Bod op ’n biljoenêr deur Susan Olivier sal in Maart op die rakke wees. Geniet die proestukkie!

Hy kyk kopskuddend na haar snyerspakkie. “Klaar aangetrek vir werk en die son is nie eens behoorlik op nie. Wanneer gaan jy ʼn lewe kry?”

Sy lig haar ken. Hy soek mos nou moeilikheid, en soos hy sê, die dag het nie eens begin nie. Hoe kan sy ooit wonder oor wat fout gegaan het? “Ek het ʼn baie lekker lewe, dankie.”

Hy lig die bakkie in sy hand. “Is dit al wat hier is vir ontbyt? Droë muesli?”

“Daar is melk in die spens.”

“Daai boks langlewe weergawe? Nee dankie. Ek bedoel behoorlike kos, iets soos spek en eiers.”

Sy probeer nie gril nie. “Muesli is gesond en vullend.”

“Gras is ook gesond en vullend as jy na skape kyk, maar ek het nog nie homo sapiens dit sien eet nie. En jy het op ʼn stadium ook lekker aan sulke kos weggelê.”

Sy stut haar hande tevrede teen haar dun middel. “Lankal nie meer nie. Ek het gesonder eetgewoontes aangeleer. En niks keer jou om iets uit die hotelkombuis te bestel nie.” Sy glimlag beterweterig. “Jy moet maar versigtig wees, mans van jou ouderdom kan nie onophoudelik vet inneem sonder om dit op die lyf te wys nie. Ek het nog nie van ʼn mooi blondine gehoor wat ʼn boepens sexy vind nie.”

Hy grinnik en vryf tevrede oor sy plat maag. “Ek neem jou waarskuwing ter harte, en Deidre is familie, as sy dalk die blondine is van wie jy praat. Sy was saam met my op die seiljag omdat sy graag die wêreld wou sien, en haar ouers gevra het dat ek ʼn oog oor haar hou. Sy bly nou by Vicky en gaan by een van haar skoonheidsklinieke werk.” Hy beduie met sy lepel na haar. “Ten minste kafoefel ek nie met die prokureur wat my skeisaak moet hanteer nie.”

Sy trek haar asem geskok in. “Ek kafoefel met niemand nie. Ek het jou gesê, ek en Tom is net vriende.”

Hy glimlag skepties. “Ek het nou tyd gehad om daaroor te dink, en ek het seker tred met die tyd verloor as goeie vriende mekaar oopmond soen.”

Haar bloeddruk spring nog ʼn paar grade. “Dit was nie ʼn oopmond soen nie, en as jy mooi gekyk het sou jy sien ek soen hom nie terug nie.”

“Dis net ʼn masochis wat mooi kyk as sy vrou ʼn ander man soen.”

“Ek is nie meer jou vrou nie, en dit maak nie saak wie ek soen of nie soen nie.”

 

6 thoughts on “Proestukkie: Susan Olivier: Bod op ’n biljoenêr

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s