Magdaleen Walters gesels oor Onvoorwaardelik syne

Magdaleen vertel: Ek het voor die rekenaar gaan sit en begin skryf, want dit was weer tyd vir ‘n nuwe manuskrip. Ek wou die heldin help om haar nuwe besigheidjie aan die gang te kry, toe die held erg omgekrap daar opdaag met haar kat in sy hande en toe neem die storie sommer so vanself sy loop. Ek moet darem byvoeg dat ek ‘n werkswinkel vir Aromaterapeute en een vir “Flower Remedies” bygewoon het voor ek die manuskrip aangepak het en dat ek nogal heelwat in dié rigting gelees het. Dit was omtrent ‘n nuwe wêreld wat vir my oopgegaan het. Sedertdien maak ek nogal heelwat van daardie kennis gebruik.

One thought on “Magdaleen Walters gesels oor Onvoorwaardelik syne

  1. Madelie Human says:

    Magdaleen, ek het gister ‘Onvoorwaardelik syne’ gelees. Aanvanklik het ek half vies geraak (want ek soek my romantiese fieks so gou as moontlik, jy sien) oor die held en heldin tot op bladsy 65 nog nie meer as tien woorde gewissel het nie, maar die storie het my nietemin gegryp en ek kon dit nie neersit nie. Jou gewone droë humor was heerlik en die plannetjies wat die heldin gemaak het om die held weg te hou van die kompetisie af het my laat kraai van plesier. Jou navorsing het duidelik deurgeskemer, maar tog nie oorheers nie. Knapgedaan, Magdaleen. Wat ‘n lekker leesplesier!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s