‘n Duet van Dirna Ackerman!

Dirna Ackermann het al meer as 12 boeke geskryf. Lentelied is ’n heruitgawe van twee van haar gewildste romanses.

Vrydagmeisie

Platsak land Chiara, enigste kind van ’n stinkryk pa, op ’n Klein-Karoo-wildreservaat. Self aangestel en incognito. Want sy moet dringend geld verdien. Die eienaar van die wildplaas is Darian O’Connor, haar amperverloofde se stiefouboet. Patriarg van die familie. Die een wat sê spring en almal vra hoe hoog.

Wederomliefde

Sianka het skaars haar voete op Bosbaai gesit, of haar lewe word op sy kop gekeer. Nie net die ingewikkelde familievete nie, maar veral Hugo Durandt kalwe aan haar netjies beplande bestaan. Alles wat sy tot dusver geglo het, tuimel ineen. Gou besef sy sy’s lankal nie meer in beheer nie.

2 thoughts on “‘n Duet van Dirna Ackerman!

  1. Madelie Human says:

    Ek stem, Kristel! Veral die tweeluike en enkeltitels se buiteblaaie is vir my baie treffend.

    Die van julle wat nog nie hierdie twee boeke van Dirna gelees het nie, kry dit gerus! Ek het albei stories baie geniet. Dirna, jy mag maar skryf, hoor!

  2. kristel says:

    Interessante omslag! Ek hou van die kalerige rug en veral van die ‘anderste’ hare. Mooi kleure ook. Ek is regtig nie `n kenner nie, maar ek dink Lapa se mense weet wat hulle doen met die buiteblaaie van ons boeke.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s