Valentynsaand by Waverley Biblioteek

Waverley biblioteek in Pretoria het weer die rooi tapyt uitgerol vir die gaste en skrywers wat die Romanza Valentynsaand bygewoon het. Mariëtte Wienekus van Lapa vertel meer:
Met aankoms is jy verwelkom met ‘n glasie sjerrie en ‘n vriendelike glimlag. Daar was net rooi ballonne en harte waar jy kyk, ‘n tafel met die jongste Romanza boeke (van LAPA Uitgewers) en natuurlik lip-lek lekker peuselhappies!
Geliefde romanse skrywers Magdaleen Walters, Marietjie Welgens, Nerine le Roux (Ahlers) en Adele Reynders was die eregaste en het ‘n meer agter-die-skerm verduideliking gegee oor die skryfproses van ‘n romanse. Van storie- en karakterontwikkeling, skrywersblok, liefdestonele, die leser se behoeftes tot alledaagse gebeure wat ‘n storielyn inspireer. Gaste is verder bederf toe Dina Botha, Susan Olivier en Ann Hite Kemp opdaag om hulle mede-skrywers te kom ondersteun. Sam (van Waverley biblioteek) was soos altyd ‘n fantastiese fasiliteerder en het die gesprek moeiteloos laat vloei. Die gaste het lekker saamgesels en vrae aan die skrywers gestel.
Magdaleen Walters het ‘n staaltjie vertel oor haar ma wat vir haar gepreek het oor ‘n “gewaagde” belly danser toneel in een van haar eerste boeke! Sy het ook gesê: “Mens weet nie altyd wat jou karakter gaan doen nie. Dit is baie keer ‘n verrassing,” na aanleiding van ‘n vraag of sy haar storie hooftsuk vir hoofstuk beplan.
Marietjie Welgens vertel weer, wanneer sy ‘n romanse skryf, kry sy inspirasie deur ‘n foto van ‘n man wat die held in haar storie voorstel naby te hou waar sy hom kan sien, om sodoende die held beter aan die lesers uit te beeld – sy het met een van haar stories inspirasie gekry van ‘n baie sexy Spaanse sokkerspeler!
Nerine le Roux
sê, “Dit is baie belangrik dat jy jouself binne die karakter moet plaas, om regtig te kan weet hoe voel daardie karakter op daardie oomblik.” Sy sê sy kry inspirasie in alles om haar – mense, plekke, ondervindings.
Adele Reynders
noem dat die skryf van liefdestonele gemotiveerd moet wees, want “elke twee karakters is verskillende mense” hulle moet mekaar leer ken, en die leser moet saam met die heldin verlief raak op die held.
Al vier is dit eens, jy moet skryf wat jy ken.
Dina Botha
het gesê dit is vir haar altyd so lekker om lesers se kommentaar te hoor. As ‘n skrywer is mens maar afgesny van die res van die wêreld, en dat dit moeilik is om te weet wat die lesers REGTIG soek uit ‘n romanse. Die wonder van die internet en sosiale netwerke soos Facebook maak ‘n hele ander wêreld oop vir skrywers en lesers. Skrywers kry nou meer gereeld terugvoering oor hulle boeke, en die lesers kan dit ook makliker duidelik maak oor wat hulle wil hê.
Baie dankie aan Waverley biblioteek vir ‘n wonderlike ervaring. Die volgende geleentheid is in Mei-maand en ek kan nie wag om weer deur Waverley biblioteek weggevoer te word nie! Hoop om jou daar te sien!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s