Pret met storiekarakters!

Fiktiewe onderhoud met Jessie, die hoofkarakter in Kristel Loots se Sjokoladesoene:
M: Jessie, hoekom het jy so verdedigend gereageer toe jy die aantreklike Bruno in die supermark raakkyk?
J: Jong, jy weet mos hoe is dit met vrouens – as ons nie soos ‘n klerehanger lyk nie, dink ons mos g’n man met verstand sal ooit in ons rigting kyk nie.
M: Maar wil vroue regtig hê ‘n man moet met sy verstand na hulle kyk?
J: Wel … Nou nie nét met hul verstand nie … Maar ons weet mos die ander dele van ‘n man se anatomie se geheue is nie so goed nie … G’n vrou wil die volgende oggend dadelik vergete wees nie.
M: Ek neem aan jy praat nou van ‘n man se maag, waardeur die pad na sy hart veronderstel is om te loop?
J: Nee, ek praat nie van sy maag nie. Maar die pad na my hart loop nogal deur my maag – net jammer Andries kon daai pad nie vind nie … Nou moet ek maar self vir my maag sorg. Net jammer my boude reageer netso flink op die versorging!
A: Jessie, dink jy die manne soek regtig net maer vroutjies?
J: Ja, ek dink so. Maar voor ons ons nou almal aan die sjokolade gaan vergryp – ek dink baie manne kom hul fout gou agter wanneer daai maer dingetjie oor niks anders as haar diëte kan gesels nie en in die duurste, mees romantiese restaurant steeds net ‘n baie duur stukkie blaarslaai wil eet.
M: Jessie, dink jy jy sal vir Bruno kan behou? Sal hy nie maar later weer begin terugverlang na die maer ou dollatjies van sy jeug nie?
J: Ja, ek sal. Want ek glo nou in myself – in die krag van ‘n vol, ryp vrou met ‘n vol, ryp lyf. En ‘n humorsin. En baaaie liefde en sjokoladesoet soene!
M: Dankie, Jessie – ek gaan nou dadelik al die blaarslaai in my yskas vir my konyne voer!
J: Wil jy die goedjies laat vergaan? Ek het gehoor molasse is goed vir ‘n bietjie soetigheid oor die gewone ou voerpille …

6 thoughts on “Pret met storiekarakters!

  1. Rika Du Plessis says:

    Fiktiewe onderhoud met die apteker, Henk, in “Arseen” van Billy Reed.

    Ek: “Henk gaan jy altyd agter jou toonbank uit om iewers in die hoekie van die apteek met ‘n kliënt te gesels oor wat hul wil hê?”
    H: “Nee, maar die vrou wou sag en net met my praat waar niemand anders kan hoor nie Ons het gefluister.”
    Ek: “Henk, wat was jou reaksie toe die vrou openlik vir jou arseen sonder ‘n voorskrif vra?”
    H: “Ek het gevra waarvoor sy dit wil gebruik.”
    Ek: “Is dit jou gewoonte om vir mense te vra waarvoor hul die goed wat hul wil koop wil gebruik?”
    H: “Nee. Net as hul nie ‘n voorskrif het nie, terwyl die goed wat hul wil hê ‘n voorskrif vereis.”
    Ek: “Hoekom dan vir haar die vraag vra?”
    H: “Sy het baie skuldig gelyk.”
    Ek: “Wat was haar antwoord?”
    H: “Ek wil my man vermoor.”
    Ek: “Genade, en wat het jy toe gesê?”
    H: “Ek kan dit dan nie vir jou gee nie, Mevrou. Ek sal as medepligtige aangekla word indien jy vasgetrek word.”
    Ek: “Het sy toe geloop?”
    H “Nee, sy het ‘n paar kiekies vir my uit haar handsak gehaal en gewys”
    Ek : “Watse kiekies?”
    H :“Skokkende kiekies van my vrou en haar man in die bed.”
    Ek: “Wat het jy toe gedoen?”
    H :“Ek het hard en duidelik vir haar gevra waarom het sy nie heel in die begin vir my gesê sy het ‘n voorskrif nie, en die arseen vir haar gegee.”

    • Marile Cloete says:

      Ongelukkig kan die Cloete-kamp nie die idee hul eie noem nie – dit het gekom via Rika via Boekemakranka via Litnet.
      Maar die Cloete-kamp en die Human-kamp was nog die enigstes om hul hand aan die idee te waag – ons wag nog gretig op die ander …🙂

  2. kristel says:

    Ek wil nou nie `n wolkie voor jou sonskyn wees nie, maar dis ook maar net in ons liefdesverhale dat mans `n vrou se ‘inner beauty’ raaksien en waardeer. Die res verkyk hulle inderdaad aan hoe `n paar stewige boude en smal heupe in styfpassende jeans lyk. Gelukkig raak hul oë swakker van hul veertigerjare af en leer `n mens ook om met hul koppe te smokkel. Die ‘trick’ wat die beste vir die Jessies van die lewe werk is om voor die spieël te gaan staan en self te verklaar: “Wow! Ek lyk sexy!”
    Dit verwar mans heeltemal. “IZZIT?” vra hulle hulself af. “Dan is dit seker maar net ék wat dit nie raaksien nie.” En soos in die sprokie van die Keiser se (onsigbare) klere, stem hy dan maar saam. En sommer gou glo hy jou – en homself.
    Dankie vir jou oulike onderhoud!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s