Kristel Loots gesels oor Een plus een

Ons het langpad gery dié dag – en ek was lekker verveeld. Die gesels het ’n paar honderd kilometer terug al begin opdroog en die gesuis van die wiele het soos gewoonlik my gedagtes die loop laat neem. Die harde, amper ongenaakbare veld wat by ons verbygeflits het en die son wat genadeloos op mens en dier neergebrand het, was ’n bra troostelose gesig. En toe, daar diep uit die grammadoelas, vanuit ’n uitdraaipaadjie kom daar ’n droommotor uit ’n vergane era gery – met ’n man agter die stuurwiel wat my my kop orent laat ruk het.

Wat sou sy storie wees dat hy hier rondry met ’n spoggerige, skitterblink motor uit ’n era wat die mensdom laat stilstaan het met die modes en die musiek van die tyd, maar wat lankal verby is? het ek gewonder.

Dis toe dat ek in die vel klim van Jackie, ’n joernalis wat net so nuuskierig soos ek is en saam met haar ’n draai in Doringdorp gaan maak. Dis hier, in die dorre Karoo waar die gannabos groei, dat Kanniedoodliefde gebore is.

Ook het ek my al dikwels verkyk aan hoe bloedjong akteurs in films of op televisie hul in ’n rol kan inleef. Dikwels word hulle blootgestel aan die mees ontstellende tonele en ’n mens wonder soms of so ’n jong kind onderskeid kan tref tussen die werklikheid en fantasie, veral wanneer dit so realisties uitgebeeld word. Geen wonder die arme Nanzi, wat grootgeword het in ’n wêreld vol illusies, is in Kammaliefde so verward nie. Wat is waar en wat is vals?

Ook in hierdie verhaal is die heldin ’n joernalis wat haar op vreemde paaie bevind en meer oor die lewe uitvind as waarna sy gaan soek het.

One thought on “Kristel Loots gesels oor Een plus een

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s