Die skrywers kuier!

Dit was vir my (Linelle Venter) ’n onbeskryflike groot voorreg om in Desember en Januarie saam met ’n klompie skrywers te kuier. Elkeen van hierdie wonderlike dames het ‘n groot indruk op my gemaak en ek deel dit graag met julle.Eers het ek en Bets Smith mekaar in Nelspruit ontmoet vir ’n koffietjie. Wat ’n sagte, lieflike mens! G’n wonder sy skryf sulke fantastiese Romanzas nie! ’n Paar dae later het ek en Lené de Waal ook gekuier – in ’n koffiewinkel langs die snelweg. Ongelukkig het ons net ’n uur gehad en dit was glad nie genoeg nie. Lené is ’n ongelooflik interessante vrou van vele talente met wie ek graag ’n hele paar koffiesessies sou wou deurbring.

Op ’n lekker warm Saterdagoggend in Januarie het en ek ’n vyf ander skrywers mekaar by Mug & Bean vir die eerste keer in lewende lywe ontmoet… want vir meer as ’n jaar kuier ons omtrent daagliks op die skrywersblog. Dus het dit vir my gevoel soos ’n tuiskoms eerder as ’n eerste ontmoeting.

Ons eerste prioriteit was natuurlik om groot snye koek en koffie te bestel, en mekaar gretig beter te leer ken. Vir hoeka kuier ons mos op die internet, nou was dit tyd vir die ware Jakob en ek was baie nuuskierig! Aan my linkerkant was Madelie Human. En sy is presies soos ek my voorgestel het: Vrygewig met haar tyd, aandag en energie, en ’n saggesproke skat (van waarde en liefde). Ek glo dat sy ’n skrywer van formaat is omdat sy so aandagtig luister na wat iemand sê. En omdat sy so lekker kan lag.

Regs langs my het Rykie Roux gesit. Julle, wat ’n dame! Sy is oop, warm en iemand wat almal as ’n vriendin wil hê. Ek het dit so waardeer dat sy daar kon wees. Terwyl ek myself probeer beheer en net klein happies koek op ’n slag verorber, het ons oor alles en nog wat gesels. Rykie het ’n hele paar wyshede te sê gehad oor die skryfkuns, maar almal wat om daardie tafel was, het wyse woorde gehad oor ons lekker werk. Hierdie klomp is skrywers van wie ek baie kan leer.

Susan Olivier het skuins oorkant my gesit. As ek nou terugdink, onthou ek bo alles haar oë. Lewenslus vonkel in hulle en ek’s oortuig sy sien alles raak – sy het daardie ‘ding’ van onskatbare ware wat ’n skrywer net soveel beter maak. Ai tog. As ons maar net meer tyd saam kon gehad het om mekaar nog beter te leer ken. So voel ek natuurlik oor Marietjie Welgens ook. Oe, sy kan net so lekker gesels. En sy skryf beslis vir die regte genre – ’n ware romantiese siel! Hopelik sal sy hierdie jaar ’n hele paar nuwe boeke kan neerpen.

Laaste, maar glad nie die minste nie, is Rika du Plessis. Ten spyte van die feit dat sy so effe siek was, het sy in die kar geklim en ver gery om saam te kuier. En kuier, die het ons! Nie vir een, twee of selfs drie ure nie. Nee, sit ’n klomp Romanzaskrywers om ’n tafel (met koek en koffie) en ons kuier vir amper vier ure!! Ons het alles bespreek: van skryfkuns tot flieks tot gesondheid en dans in die reën. Die kuiertjies was almal heeltemal te kort, maar sjoe, dit was lekker.

3 thoughts on “Die skrywers kuier!

  1. Madelie Human says:

    Ai, wens ons kon dit meermale doen!!

    Liewe lesers,

    As julle ‘n boek van Linelle in die hande kan kry, koop dit, julle sal nie teleurgesteld wees nie. Wat ‘n interessante mens. ‘n Pragtige vrou wat my aandag sonder moeite gevange gehou het. Haar hande gesels lustig saam met ‘n uitdrukkingsvolle gesig wanneer sy die een na die ander noemenswaardige iets te vertelle het. Haar boeke, propvol heerlike uitgestelde begeerte, boei my net so.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s