Nuut van Magdaleen Walters

Onvoorwaardelik syne verskyn in Februarie by Lapa:

Nege jaar gelede het sy hom die kwetsendste woorde denkbaar toegevoeg … Nou is Debbie Robinson, die eertydse rykmansdogter, terug op Slabbertsrus, waar sy haar verlede, en vir Thomas Burger, in die oë moet kyk.

4 thoughts on “Nuut van Magdaleen Walters

  1. Magdaleen Walters says:

    Dankie, Johanna! Ek stem saam met Marile; jou kommentaar maak dit sommer nog lekkerder om te skryf.

  2. Marile Cloete says:

    Johanna, woorde soos joune is presies dit wat ons laat aanhou skryf. Baie dankie. (En dankie dat jy my leer hartjies maak het!)

  3. johanna79 says:

    na my blog http://johanna79.wordpress.com/2011/01/22/johanna-gaan-n-storie-skryf/ het ek n besluit geneem, ek wil kyk hoeveel romanza verhale ek in 2011 kan lees.. eks trots om te se dat ek pas Net soos jy is en Meisie uit die boendoes van Magdeleen Walters klaar gelees het… hier is wat my persoonlike opienie was:
    Net soos Jy is- met die intrap slag het ek gehoop Mareli sou vir Neil gekies het… Hy was my keuse reg van die begin af. ek hou van die idee dat verliefdheid en draf jou maer kan maak, gaan dit self probeer… ek het amper my vinger naels af gekou toe die rivier af gekom het… ek wou ook n paar keer mareli self aan die skouers beet kry en haar n paar goeie rukke gee dat sy tog net sou wakker skrik… het die boek vreeslik geniet en gee dit❤❤❤ . dis nou uit 5 3 dis hartjies)
    volgende was Meisie uit die boendoe. Het bietjie gesukkel met die meisie se naam en wonder soms waar kom julle aan julle karakters se name. ek het van die begin af die vermoede gehad dat Nick haar gekies het en dat Karen n Geitjie is.. my gunsteling deel in die boek was daai passievolle Konfrontasie langs die pad tussen Karen, Heinz se vrou en meyertjie se meisie… ek vrek oor vurige passievolle konflik… en Elspeth en Nick se reaksies oor die hele argiement. die deel op die malle-mele was ook vir my nogal elektries, ek kom my so daarin leef, die hoop en begeerte na mekaar maar die vrees dat dit net een partydig is… Ek hou ook van die hele idee van Kantoor romanse en dink Romanza moet sommer n hele reeks net daaraan toewy… Meisie uit die boendoe kry❤❤❤ . baie dankie Magdeleen vir die ure se lees genot.
    EN NOU, EK HET DIE HEEL BESTE VIR HEEL LAASTE GEHOU… Marile, jy is een van die skrywers wat kommintaar gelewer het op daai blog van my… ek het uit gegaan en een van joune ook aan geskaf…
    Dans met my… Amazing as ek die engels so kan gebruik… Bella se karakter is baie sterker as meeste van die ander meisies in die boeke sn… sy laat haar nie deur enige iemand voor se nie en sy dink vir haar self… sy kom nie voor as hulpeloos nie… behalwe toe sy, korrelkop nes sy is, binne in die dorings beland het toe sy in die pik donker huistoe geloop het… Parmantige klein merie! ek is mal oor haar ek het ook daarvan gehou dat jy die storie uit alby se oogpunt geskryf het… en het natuurlik die sinspeel op die literere-snobs vreeslik geniet… ek het sommer saam met Bella halsoorkop op Simon verlief geraak en kan maar net wens dat so n "tall dark and handsom" ou my voete ook een dag sommer netso onder my sal uit slaan… vir hierdie meesterstuk gee ek❤❤❤❤❤ briljant!!! ek het die boek in twee dae gelees, soms tot 2uur in die more nog gele en lees, die laaste keer dat ek dit gedoen het is toe ek Eclipse gelees het…
    Man van min woorde le nou hier langs my, kan nie wag om te sien wat julle nog gaan op dis nie… dankie

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s