Boek & Tee in Bloemfontein

‘n Heerlike Boek en Tee is op 29 Oktober by Langenhovenpark Biblioteek in Bloemfontein gehou. Daar word kwartaalliks so ‘n funksie aangebied. Drie Romanzaskrywers was hierdie keer die gaste, naamlik Arien Lubbe van Kakamas, Marijke Greeff van Kroonstad en Lené de Waal van Gariepdam. Die bekende skrywer Jaco Jacobs was die fasiliteerder en word deur die skrywers beskryf as ʼn baie aangename, skerp en humoristiese man. Alles was lekker informeel en almal het die vrymoedigheid gehad om iets te sê of te vra. Lesers wou meer weet oor die ‘raamwerk’ waarbinne romanseskrywers werk. Soos die heldin wat identifiseerbaar moet wees en wanneer is ʼn toneel te ‘warm’. Lesers wou ook weet wie kies die titel en voorblad. Dan was daar die normale vrae soos: Hoe het jy begin skryf? Hoekom word daar soms neergesien op romanses?
Baie dankie aan Volksblad, Exclusive Books en Lapa vir sulke geleenthede waar skrywers hulle lesers kan ontmoet!
Op die foto verskyn vlnr Arien Lubbe, Marijke Greeff en Lené de Waal.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s