Nuwe duet van Dina Botha

Dina Botha het al 16 romantiese komedies en twee Kaapse romanses geskryf. Sy verstaan haar lesers se behoeftes en gee vir hulle presies wat hulle wil hê.

Eerste liefde is ’n heruitgawe van twee van haar gewildste romanses.

In ruil vir ’n hart:
Zac Meyer is veeleisend. Hy vra niks minder as die beste nie. Maar om die dood kan Zanne nie aan sy vereistes voldoen nie. Sy is buitendien net Zac se sekretaresse en sy’s doodtevrede as sy die wêreld in fokus deur haar bril waarneem, as haar potplante water het en as sy die aandelemark kan dophou. Totdat die noodlot ingryp en haar lewe op sy kop keer.
Onweerstaanbare kok:
Armand Retief is ’n selfversekerde, egoïstiese, klasbewuste snob. Reza weet maar te goed sy moes nie onder valse voorwendsels deel van dié huishouding geword het nie … want van kook en koekbak weet sy niks. En maak nie saak of Armand se aantreklike bakkies haar speeksel laat opdroog nie, hy ís haar oom … Sy moet haar geheim met hom deel. Maar wanneer? En hoe?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s