Meer oor Arien Lubbe!

1.     Wat is jou gunsteling deel van skryf?

Ek geniet werklik die hele proses.  Van daar waar die storie begin totdat ek dit instuur vir Lapa.  Dis wonderlik om te sien hoe die storie vorm begin kry en soms in sy eie rigting inslaan.  Ek geniet dit die meeste om humor by ‘n storie in te werk.

2.     Wat is die belangrikste les oor die skryfkuns wat jy al geleer het?

Dis toe nie so maklik soos wat ek gedink het nie!  Skryf behels baie meer as net ‘n goeie storie.  Daar gaan baie harde werk, sweet en kopkrap in ‘n storie waarvan ek as leser nooit eers gedroom het nie.

3.     Waar skryf jy?

By die eetkamertafel in die oopplan eet- en sitkamer.  Dit gaan maar soms moeilik wanneer ek met die televisie moet kompeteer vir konsentrasie.  Ek het dit oorweeg om te skuif, maar het daarteen besluit.  Skryf is eintlik ‘n baie ‘eensame’ werk en deur in die sitkamer te skryf, bly ek deel van my man en kind se doen en late in die aand. My besluit beperk my skryftyd en soms kry ek eers geskryf wanneer hulle albei slaap, maar my gesin is vir my belangrik asook ons saamwees.

4.     Wat is die heel lekkerste lekker in jou lewe?

Sjoe, dis moeilik en ek aan nie nou aan iets spesifieks dink nie.  Ek is ‘n gelukkige mens en daar is min dinge wat my pla.  My gesin en familie.  Ons is baie geheg en baie lief vir mekaar. Wanneer ons bymekaar is, word daar baie gelag en daar is ‘n algemene gevoel van vrede en geluk.

Vakansies!  Dis vir my elke keer ‘n opwinding om die motor te laai en die pad te vat na waarheen ook al.

In ‘n minder ernstige gebied is dit om kinderkoeke te bak en kinderpartytjies te reël.  Dis lekker om kreatief te wees en met kleure te werk.

5.     En die heel slegste?

Sekere mense met wie ek moet saamwerk.  Ek haat skynheiligheid en dit irriteer my grensloos as mense dink ek is dom genoeg om te dink hulle vriendelikheid is opreg.

6.     Jou gunsteling plek om te besoek?

Hartenbos sal altyd ‘n gunsteling plek in my hart hê, al was ek jare laas daar. Ek is ook baie lief vir Kaapstad en die stede rondom haar.  Andersins enige plek by die see. Die see het ‘n ongelooflike atmosfeer vir my.

 

2 thoughts on “Meer oor Arien Lubbe!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s