Thea Holland gesels

Wat is jou gunstelingfliek?

The Princess Bride. Toe my seun klein was, het ons oor en oor daarna gekyk.

En ‘n gunstelingboek?

Daar is te veel om op te noem, maar wat liefdesverhale betref, is my gunsteling ’n ou ene wat in 1953 uitgegee is: Cotillion deur Georgette Heyer. Skreeusnaaks, en met seer sekerlik die onwaarskynlikste held in die geskiedenis van die romanse.

Wie is jou gunsteling van al die karakters wat jy al geskep het?

Laetitia in ’n Onverstandige Vrou. Sy is ’n wetenskaplike en dus veronderstel om intelligent te wees, maar in haar persoonlike lewe is sy ’n domkop wat éérs handel en dán dink, en feitlik altyd die verkeerde gevolgtrekkings maak as dit by sake van die hart kom.

Wat is die heel lekkerste lekker in jou lewe?

Om kleinkinders te hê.

En die heel slegste?

My kleinkinders woon in Kopenhagen, en ek sien hulle baie, baie selde.

Waarheen gaan jy as jy alleen wil wees?

Net twee tree terug tot in my eie kop.

2 thoughts on “Thea Holland gesels

  1. theaholland says:

    Nee, nee, ek dink jy’t verkeerd gekyk – en dis die fopspeen wat Juliette so jonk laat lyk! Ek en sy is tans albei twee jaar ouer as op die foto.
    Jy sal maar moet kom kuier, sussie, dis lekker hier onder in die winderige Kaap, en môre belowe hulle ons 17 grade … (Jy sê dis so om en by die 42 grade daar by julle, h’m?)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s