Nuut van Rika du Plessis in November!

‘n Lekkerlees romanse van Rika, Liefde wink, gaan in November beskikbaar wees. Hou die blog dop vir ’n proestukkie!

Liefde wink – Rika du Plessis

Charlene vertrek opgewonde stad toe om ‘n splinternuwe loopbaan in mode ontwerp te begin. Die eerste aand in die stad toe sy gaan uiteet, beland sy al in die sop. Eerstens beset sy die tafel wat ‘n gereëlde bespreking vir ‘n klant is, en kort daarna verstik sy en tot haar verleentheid is dit die einste baie aantreklike klant wat haar van verstikking red. Net om die volgende dag uit te vind hy is die seun van haar nuwe baas by die modehuis.
Charlene het grootgeword in omstandighede waar niemand se huwelike rondom haar uitwerk nie, en sy is ligvoet vir romanse en om betrokke te raak. Tog, ten spyte van die inmenging van haar niggie wat gewoond is om alles te kry wat sy begeer en ‘n skokkende familiegeheim wat openbaar word, kan Charlene die liefde wat aanhoudend vir haar wink nie ignoreer nie.

3 thoughts on “Nuut van Rika du Plessis in November!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s