Onderhoud met Madelie Human

1.     Wat is die heel lekkerste lekker in jou lewe?

My huis en die plek waar ons woon. Dis‘n Amerikaanse log cabin op ‘n wildplaas waar die diere vrylik rondbeweeg. Ons het van byna alle soorte wild hier, behalwe die Groot 5 en ander gevaarlike diere. Ek kan op die stoep sit en meer soorte diere sien as wat mens op ‘n hele dag in die groot wildtuine van ons land sien. Ek kan ook veilig (alleen!) gaan stap en letterlik tussen die diere beweeg. Die 6 nagapies wat in ons dak woon, is ons troeteldiere. Hulle is tans in ‘n ‘oorlog’ gewikkel met die eekhorings wat ook graag hulle intrek by ons wil neem!

2.     En die heel slegste?

Om te moet wag!! Veral as ek opgewonde is oor iets, is ek erger as ‘n kind.

3.     Jou gunsteling plek om te besoek?

‘n Boekwinkel.

4.     Wat haat jy?

Mense vir wie hulle uiterlike voorkoms die heel belangrikste ding in hul lewens is.

5.     Heel lekkerste kos?

Enigiets wat ek nie self hoef voor te berei nie!

6.     Wat is die belangrikste les oor die skryfkuns wat jy geleer het?

Dat jou eerste draft van ‘n manuskrip slegs dit is: ‘n eerste poging waaraan daar nog geskaaf sal moet word. Daar is altyd ruimte vir verbetering.

7.     Waar skryf jy?

My skryfhoekie is in die loft van ons houthuis vanwaar ek by feitlik al die vensters van die huis kan uitsien. Ek het al op ander plekke probeer skryf, maar voel ontuis en trek sommer baie vinnig weer terug.

8.     Wie is jou gunsteling van al die karakters wat jy al geskep het?

As ek moet kies, sal dit Ben van ‘Om Ben lief te hê’ wees, maar gewoonlik is dit die held van die boek waaraan ek op die oomblik werk. As ek nie kan verlief raak op my eie helde nie, sal my heldinne en lesers dit ook nie kan doen nie!

9.     Wat is daardie een spesifieke faktor wat ‘n held moet hê om jou hart te steel?

Hy moet uiters manlik wees, maar sensitief vir die vrou in sy lewe se gevoelens.

5 thoughts on “Onderhoud met Madelie Human

  1. Madelie Human says:

    Hulle is baie skaam diertjies en kom net te voorskyn in die nag. Ons sien hulle gewoonlik net wanneer hulle soggens vroeg inkom om te kom slaap en met sononder wanneer hulle weer uitgaan vir die nag.

    Hulle is mal oor soetigheid en ek kry soms bewyse van klein handjies wat in die suikerpot was om suiker te steel! Ek sit partykeer vir hulle rosyntjies uit, iets waarvoor hulle baie lief is, maar ons voer hulle nie, want hulle moet gewoond bly om vir hulself te sorg soos die natuur dit bedoel het.

  2. theaholland says:

    Dit is só mooi. Nou weet ’n mens sommer hoekom jy so produktief is. Maar as die nagapies in die dak woon, en jou skryfhoekie is in die loft, hoe hou jy hulle van jou manuskripte af weg?

  3. Bets Smith says:

    Ai jou huis en werkplek lyk wonderlik. Hier by ons is ook wild, hoewel nie soveel verskillende diere nie. Ek kan ook veilig in die veld gaan stap en voel omtrent 50% van die tyd skuldig oor ek so bevoorreg is om alreeds in die hemel te bly. Geniet dit!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s