Nuus van Bets!

Omdat ek so ongereeld publiseer, dink ek dis dalk tyd om my inligting hier op die blog bietjie uit te brei sodat die lesers nie moet dink ek is intussen dood nie!
In Junie verskyn daar ‘n Duet van my eerste twee Romanzas onder die titel ”n Handvol Sterre’. Die Lyfwag en Die Verste Ster is daarin saamgesit. Ek hoop lesers wat nog nie een van die twee gelees het nie, sal die boek geniet. My volgende boek is op die publikasielys vir Oktober onder die titel ‘n Ma vir Frieke. Dit speel op ‘n lemoenplaas in die laeveld af.
Die storie in kort: Annanie Mynhardt, nuut-aangestelde entomoloog by die Navorsingsinstituut, is doodversigtig vir mans, want hulle het, net soos wyn, ‘n bedwelmende uitwerking op haar. Teen die imponerende Benno Kannemeyer en sy dogtertjie het sy geen verweer nodig nie, want hy treur nog oor sy oorlede vrou. Terwyl Annanie die dreigende plaag in sy lemoenboord ondersoek, leer hulle mekaar goed ken. Ongelukkig haal spoke uit die verlede Annanie in en dreig om haar weer te ontwortel. Benno se voor die hand liggende oplossing lyk aanloklik. Maar kan so ‘n huwelik werk? Haar hart is te betrokke, syne glad nie. En sê nou net hy vind onverwags uit hoe ‘n tipe vrou sy werklik is?
Die manuskrip waaraan ek nou besig is om te werk, is weer ‘n stadsverhaal: Katinka en die Grotman. Of Lapa daarvan gaan hou of nie, sal ons maar sien.

2 thoughts on “Nuus van Bets!

    • Bets Smith says:

      Die grotman neuk hoeka om nie klaar te kom nie, want die man wil nie in die grot bly nie, en Katinka wil ok nie mooi vir my luister nie. Maar ek leef in hoop!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s