Hoe voel skrywers oor negatiewe kritiek?

Susan Olivier:

Kritiek is nooit lekker nie, maar soms nodig. Ons wil nie net hoor hoe wonderlik ons boeke is nie (alhoewel dit heerlik is om dit te hoor), maar ook waar ons te kort skiet. Ons is regtig nie verhewe bo kritiek nie. Elke keer leer ons iets. Dalk is ‘n skrywer gelukkig met ‘n aspek wat ‘n leser nie van hou nie- ons kan ongelukkig nie almal tevrede stel nie, maar dalk kry een van die ander skrywers iets daaruit. Die lesers is ons kliënte, en as ons nie die kliënte gelukkig hou nie, gaan ons boeke nie verkoop nie.

Rykie Roux:

Komplimente oor my skryfwerk gee my die moed om aan te hou skryf, maar kritiek gee my die moed om beter te skryf. Komplimente is my malvalekkers, suikersoet en lekker, maar kritiek is my murgpampoen, bitter by die skil maar vol vitamienes.

Bets Smith:

Rykie sê dit presies soos dit is: heuning om die mond is heerlik, maar mens moet seker maar die bitter saam met die soet kry om mens beter te laat skryf. Die oumense sê mos hoeka mens kan eers ‘diep’ skryf as jy ‘diep’ gevoel het. En kritiek voel mens diep, nie net om die mond nie.

Madelie Human:

‘n Skrywer het ‘n emosionele belegging in haar werk en dit maak dat sy te naby betrokke is om haar eie foute raak te sien. Die insigte van ander kan jou help om dinge in die regte perspektief te sien en dan kan jy verbeter.

One thought on “Hoe voel skrywers oor negatiewe kritiek?

  1. Mari Roberts says:

    Daar is negatiewe kritiek en opbouende kritiek. Ek verkies die opbouende kritiek bo die negatiewe kritiek. Daardeur weet ek hoe my lesers se kop werk en wat hulle verkies en nie van hou nie. Dit is goed, maar soms kan mense ook nie almal tevrede stel nie. ‘n Storie loop mos in elk geval hoe hy wil en wanneer jy dit probeer manipuleer, kan dit nogal gaos veroorsaak. Dus luister ek wat die lesers sê, al kan ek dit nie altyd toepas nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s