Fokus op: Jacolet van den Berg

Ek en my man en vier katte woon in Johannesburg. Ons eersteling, ‘n babaseun, is in Junie 2009 gebore. Ek is ‘n Vrystater, het aan die Universiteit van die Vrystaat studeer. Daarna het ek vir twee jaar in Londen gewoon en gewerk voordat ons na Johannesburg verhuis het. Stories was nog altyd een van my drome en ek het verskeie kere amper ‘n poging aangewend, maar nooit so ver gekom nie. In 2008 het ek egter besluit dit is nou of nooit en ek het my eerste Romanza geskryf. Ek is baie lief vir alle diere, die natuur en sport. Wanneer ek tyd het skilder ek ook graag, maar op die oomblik is ek hard besig om aan die volgende Romanza te werk.
Eerste boek: Lied in jou hart – ‘n Onderhoud met die gewilde Britse sanger James Stone is waarskynlik die grootste straf wat Eva haar kan indink. Sy haat celebrities, verpes haar werk, wat vereis dat sy maand na maand artikels oor hulle moet skryf. James Stone is net nog ‘n glanspersoonlikheid – leeg, kunsmatig, ligjare van die werklikheid verwyder. Maar sy moet deeglik selfondersoek doen nadat hy haar werklikheid betree het. Waar kom haar bitterheid oor celebrities vandaan? Het dit met haar ma te doen? Met haar pa wat die slagoffer van een is? Al boei Stone haar, sal sy dit aan niemand erken nie. Sy kan tog nie alles waaraan sy glo net so verloën nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s