Monthly Archives: February 2012

Liefdesdroom se ontstaan

Mari Roberts sê: Mense vertel graag hulle eie stories met die onwrikbare geloof dat dit ‘n trefferboek sal wees. So het Liefdesdroom na my gekom deur ‘n vriendin wat vertel het van hierdie meisie wat geen kêrel gehad het nie en toe het haar tannie in die teeblare ‘n aantreklike donkerkop man in haar toekoms gesien. Ses maande later was sy getroud. Ek het die storie probeer skryf, maar toe ontwikkel dit in sy eie unieke storie en die karakters skryf self verder die storie totdat Liefdesdroom in sy totaliteit net een of twee sinne van die oorspronklike storie geword het.

Proestukkie: Rika du Plessis : Beproefde geluk

“Siestog, net soos ‘n ou bang voëltjie wat in ‘n arend se klou beland het. Jy bewe selfs. Besef jy dan nou nog nie dat jy nie vir my hoef bang te wees nie? Ek sal jou nooit seermaak of teleurstel nie, Sonita,” fluister hy heserig teen haar oor sodat sy warm asem skokprikkels oor haar vel heen stuur. Sy beur om los te kom, maar sy arms om haar verstyf en sy sien sy lippe nader kom. Hy gaan haar weer soen. Sy kan nie asem kry nie. Haar hele wese roep na dit wat hy haar bied, maar net toe sy in sy omarming verslap, sien sy uit die hoek van haar oog Len die winkel binnekom.  Hy kyk reguit na hulle toe. Continue reading Proestukkie: Rika du Plessis : Beproefde geluk

Proestukkie: Dina Botha : Bly myne

“Jackie?”

Sy was so vasgeval in die verlede dat sy nie die deur hoor oopgaan het nie. Sy maak haar oë oop en wag dat die spookbeelde van die verlede opklaar voordat sy stadig omdraai. “Hallo Alec.” Haar hart begin vinniger klop en die klop is terug in haar keel. Om heeltemal ander redes. In die vergadering was sy te gespanne om daarna op te let, maar Alec is  nog net so aantreklik as wat sy kan onthou. Die paar plooitjies langs sy oë en die suggestie van grys langs sy slape is al wat bygekom het. Nee, die koue en emosielose uitdrukking in sy oë was nie drie jaar gelede daar nie. Ook nie die wit kilheid om sy mond nie.

Skielik weet sy nie hoe sy hom moet groet nie. Steek sy haar hand uit of soen sy hom? Continue reading Proestukkie: Dina Botha : Bly myne

Proestukkie: Linelle Venter: Onbeplande liefde

Onbeplande liefde
Linelle Venter, Februarie 2012

“Dit was van die eerste dag af duidelik.” Sy sagte woorde trek haar oë vinnig na sy gesig en sy sien ’n onpeilbare uitdrukking op sy gesig. “Anke, nie almal is soos jou eksverloofde, die seuns se ouma en die . . . grotgemors van ’n onderbestuurder nie.”

Dit laat haar onwillekeurig glimlag. “Rasioneel weet ek dit, maar in die afgelope vyf jaar het ek omtrent al my vriende verloor en is daar eenvoudig net te veel bewyse dat daar wel baie sulke mense is.”

“In Kaapsche Hoop het jy vir my gesê dat jy my vertrou.”

Die herinnering aan waar hulle nege dae gelede was en wat daar gebeur het, stuur Anke se hart op hoëspoed Continue reading Proestukkie: Linelle Venter: Onbeplande liefde